u2018Geen maatstafu2019 vir grondwaardasie
u2018Geen maatstafu2019 vir grondwaardasie

‘Geen maatstaf’ vir grondwaardasie

Regsverteenwoordigers het gister (7 November) aangedring dat die waardasiehof redes verskaf vir die besluit om voort te gaan met verrigtinge ná ’n uitspraak op 10 Oktober en vertoë in Mariental.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Regsverteenwoordigers het tydens ’n waardasiehofsitting in Windhoek voor landdros Johannes Shuuveni bekend gemaak hulle gaan nie meer aan die proses deelneem behalwe om vertoë te lewer nie.

Die rede vir die besluit is die uitspraak van die voorsittende beampte op 10 Oktober dat die waardeerder klaaglik daarin misluk het om te bewys sy grondwaardasies is op akkurate feite gegrond en dat grondeienaars se besware van voor af aangehoor sal moet word. Hierdie uitspraak het groot verwarring veroorsaak.

Mnr. Pieter de Beer het namens ’n groep grondeienaars betoog die voorlopige waardasierol kan nie aanvaar kan word nie en die enigste redelike besluit wat die hof kan maak, is om die waardeerder te beveel om die landbougrond te herwaardeer.

Shuuveni het gesê die huidige iso-kaart en –waardes wat in die voorlopige waardasierol vir 2012 gebruik is, is onbetroubaar, wat dit moeilik maak vir die hof om dit in sy huidige vorm te bekragtig. Die hof het in sy uitspraak van 10 Oktober grondeienaars se besware gehandhaaf, maar geweier om die waarde van plase te verminder sonder dat die betrokke partye getuienis in verband daarmee lei.

De Beer het aangevoer dat hy nie van enige waardevermindering in kennis gestel is nie en ook nie van enige redes voorsien is vir die besluit om met die waardasiehofverrigtinge voort te gaan nie. Hy het verder gesê dat die hof nie van grondeienaars kan verwag om voort gaan om getuienis te lewer vir die vermindering van grondwaardes volgens ’n maatstaf wat nie aanvaar kan word nie.

“Dit sou verkeerd en onreëlmatig wees om getuienis te lei met betrekking tot die afname van waardes in die lig van die afwesigheid van akkurate detail en feite met betrekking tot die beweerde voorlopige waardasierol,” het De Beer se argument gelui. In die afwesigheid van ’n geldige, voorlopige waardasierol sou dit dus nie korrek wees om verdere getuienis te lei nie omdat dit geen geldige gevolge kan hê nie. De Beer het ook genoem dat die hof nie die waardeerder in die waarderingsproses kan vervang nie. Hy het voorts gesê indien die beswaarmakers aan die hofverrigtinge gaan deelneem, dit geïnterpreteer kan word as ’n bevestiging en goedkeuring van die proses.

Mnr. Richard Mueller, adv. Albert Strydom, mnr. Charlie Bodenstein en mnr. Mark Kutzner het namens die beswaarmakers wat hul verteenwoordig, bevestig dat hul nie verdere getuienis kan lei voordat die regsposisie nie duidelik is nie.

Die waardeerder, mnr. Protasius Thomas, het weer eens sy standpunt - dat daar niks verkeerd met die 2012 waardasierol is nie – bevestig.

Shuuveni sal sy redes môre om 10:00 lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!