Geen makietie vir Keetmanshoop se 150

Dani Booysen
Die hoofsetel van die //Kharasstreek is vanjaar al vir 150 tuiste vir inwoners van hierdie deel van die Suide.
Hoewel dit nie die amtelike datum is waarop Keetmanshoop munisipale status ontvang het nie, was 14 April 1866 die datum waarop die Rynse sendeling, Johann Georg Schröder, en sy gesin hulle hier gevestig het.
Die !kharo-Oan Nama-stam onder leiding van kaptein Hendrik Tseib het hulle in dieselfde jaar op vandag se Keetmanshoop gevestig, maar het sedert omstreeks 1810 al in die omgewing gewoon.
Vir mnr. Willie Kotze, bekende inwoner en versamelaar van die dorp se geskiedenis, is dit teleurstellende dat ’n groot fees nie weer vooraf beplan is nie.
In 1966 het die Suide-dorp groot makiete gehou; met sommige manne wat hul boonop as trompoppies uitgedos het.
’n Kuiertjie by Kotze is uniek. Hy vertel graag verhale uit die dorp se verlede en het hordes foto’s om die verlede mee toe te lig.
In 1790 het ’n boer, Guilliam Visagie, op die plaas Modderfontein hier gewoon. Hy het uit die Kaapkolonie gevlug nadat hy glo moord gepleeg het.
Toe hy Modderfontein verlaat het, het hy die fontein opgevul, wat daarna soos ’n swart moeras gelyk het.
Die oudste gebou op die dorp wat behoue gebly het, dateer uit 1892.
Die tweede polisiestasie, in 1892 opgerig, was gebaseer op dieselfde plan as die Alte Feste in Windhoek.
Nog ’n interessantheid is dat die NG Kerk op die dorp se hoeksteen uit Jerusalem kom.
Keetmanshoop is in 1909 geproklameer. Tot twee voor jaar voor dit, het die meeste inwoners steeds in tente gewoon.
Die dorp dra die naam van die Duitse handelaar Johann Keetmann, wat die Rynse Sendinggenootskap op die dorp finansieël ondersteun het.
Die dorp het eers Swartmodder of Zwartmorast geheet, ‘n direkte vertaling van die Namawoord “Nu-gouses”.
Die foto’s is met vergunning uit Kotze se versameling.


OOMBLIKKE UIT KEETMANSHOOP SE GESKIEDENIS
• Die eerste kerk is op 28 Oktober 1890 deur ’n groot vloed verspoel. Die houtpreekstoel is later in die rivierbedding naby Seeheim gevind, sowat 30 myl weg.
• ‘n Nuwe kerk is op 8 Mei 1895 ingehuldig. Dit is vandag ’n nasionale monument.
• Die eerste trein stoom die dorp in 1908 binne.
• Duitse magte het Keetmanshoop tydens die Eerste Wêreldoorlog op 19 April 1915 ontruim voor die Suid-Afrikaanse magte wat in aantog was.
• Die eerste spoorwegstasie word op 14 Mei 1919 in ’n brand vernietig.
• ’n Sinagoge is in 1927 opgerig.
• Die Nautedam is in 1972 ingewy.
• 25 Maart 1977 – ’n Trein uit Windhoek tref ’n troepetrein wat sowat 700 soldate vervoer. Vyf soldate het gesterf en 71 is ernstig beseer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!