Geen maklike pad
Geen maklike pad

Geen maklike pad

Mandy Rittmann
LEON SMITH SKRYF:

Die profesieë is voor ons oë en tydens die generasie vervul rondom Isreal en Jerusalem, maar ek het begrip daarvoor dat mense elke jaar tydens die Joodse feeste en spesifiek Rosh Hasanah ’n groter verwagting op die blaas van die laaste basuin het, m.a.w. die basuin wat tydens die wegraping gaan blaas (1 Thess. 4:16-17).

Mens moet net onthou dat dit ’n jaarlikse instelling is, en dat niemand weet watter jaar se oesfees vervul gaan word, wanneer die oes van geredde siele in die hemel versamel sal word nie. Dit is in elk geval beter om dit elke jaar te verwag as om dit nooit te verwag nie!

Selfs as ons Nagmaal vier, dan verkondig ons daarmee die Here Jesus se dood “totdat Hy kom” (1 Kor. 11:26; Matt. 26:28-29). Ons móét dus altyd vorentoe kyk en ’n duidelike toekomsverwagting hê.

Ons verhouding met Jesus is nie net belangrik vir die hier en nou nie, maar ook vir die ewige lewe saam met Hom in hemel. As ons die Here net vertrou vir ons tydelike aardse behoeftes, dan is ons “die ellendigste van alle mense” (1 Kor. 15:9).

Adam en Eva in die paradys was ons aardse stamvader en -moeder. Van hulle het ons ons menslikheid en sondige natuur geërf (Rom. 5:12; 1 Kor. 15:21-22, 45). Christus is egter ook ’n Adam – die laaste Adam (1 Kor. 15:45) – en as sodanig die begin van ons geestelike lewe. Hy het die graf en die dood oorwin deur sy opstanding, daarom verkry almal wat in Hom glo volgens die voorskrifte ook deur die wedergeboorte ’n opstanding tot die ewige lewe (1 Kor. 15:14-18).

Daar is ongelukkig mense wat té veel maak van die jaarlikse feeste in Israel, en as daar dan niks gebeur nie, verval hulle in depressie en is dae lank in sak en as, omdat die Here nie gekom het nie. Teen hierdie uiterste moet mens ook waak, omdat dit jou geloof kan verswak. Sê liewer: “Next year in Jerusalem!”

2015 tot 2017 se Feeste van die Basuine het gekom en onvervuld verbygegaan. Dit lyk of ons nog ’n entjie het om te gaan voordat die smal pad sy eindbestemming sal bereik.

Ons sal moet waak en bid soos nooit tevore nie, want die nag raak donkerder, die geestelike klimaat koud, apaties en selfs agnosties, die afdraaipaadjies aanlokliker, die dwalings meer subtiel, die versoekings erger, die probleme en aanvegtinge al hoe hewiger, en die neiging om die goeie stryd van die geloof te vermy, al hoe groter. Soos nooit tevore nie sal ons die hand aan die ploeg moet slaan en werk. want die nag kom nader.

Is dit ’n maklike pad hierdie? Beslis nie! Ons moet egter na die voorbeeld van die Here Jesus kyk en Hom vertrou vir deursettingsvermoë en krag tot oorwinning: “Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in julle siele nie vermoeid word en verslap nie” (Heb. 12:3). “Laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie” (Gal. 6:9).

Een belofte wat ons nooit moet vergeet nie, is Jesus se versekering van sy onafgebroke teenwoordigheid in ons lewe deur die Heilige Gees: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Matt. 28:20; vgl. Joh. 14:23).

Die woord “wêreld” (Gr. aion) word in die NKJV meer korrek as “age” vertaal (“...I am with you always, even to the end of the age”). Volgens Strong’s Concordance kan dié woord ook na die “Messiaanse era” verwys, m.a.w. die hele kerkbedeling tot by die wederkoms van Christus. Dit is presies wat hier bedoel word.

Ons is op ’n pad waarop ons nooit alleen sal wees nie, maar dan moet ons in noue voeling met die Here bly, meer bid en nie sy Heilige Gees deur ons gedagtes, uitsprake en optrede (en ook ons gebrek aan diensbaarheid) bedroef nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!