Geen Namibiu00ebrs deur terreur in Nice getref
Geen Namibiu00ebrs deur terreur in Nice getref

Geen Namibiërs deur terreur in Nice getref

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Tot dusver is geen inligting ontvang van enige Namibiërs wat slagoffers van die grusame terreuraanval op Bastille-dag op die Franse kusdorp, Nice was nie.
Die saakgelastigde van die Namibiese ambassade in Parys, mnr. David Thomas, het by navraag aanRepublikein gesê, volgens die databasis van Namibiese burgers wat in Frankryk woon, is daar net een Namibiër in Nice.
“Ek het vanoggend met haar gepraat en sy is ongedeerd,” het Thomas gesê.
Hy sê in Parys gaan die lewe voort en ambassade-personeel is nie bekommerd oor hul veiligheid nie. “Streng veiligheidsmaatreëls is van krag en ons leef nie in vrees nie,” het hy gesê.
Vrydag, die dag ná die tragiese gebeurtenis, het pres. Hage Geingob ’n boodskap van meegevoel aan Frank­ryk gestuur.
Geingob het in die brief aan sy Franse ampsgenoot, pres. Francois Hollande, die afskuwelike aanval in Nice veroordeel en die versekering gegee dat “Namibië in solidariteit by die mense van die Franse Republiek staan ten tyde van ’n aanval wat daarop gemik is om die vryheid, gelykheid en broederskap te vernietig, wat van Frank­ryk een van die bastions van vryheid en demokrasie in die wêreld gemaak het.”
Hy het ook sy innige medelye betuig teenoor die families wat geliefdes verloor het en gesê: “Mag die Franse mense standvastig in hul vasberadenheid wees en nie toelaat dat hierdie daad van haat ’n donker wolk oor ‘La fête nationale’ laat hang nie.”
“Ons bid dat die families van die oorledenes troos sal vind in hierdie donkerste van ure en dat diegene wat in die aanval beseer is, spoedig sal herstel. Mag die siele van die ontslapenes in ewige vrede rus,” het Geingob gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!