Geen nuwe corona-gevalle
“Geen nuwe gevalle is die afgelope twee dae aangemeld nie,” het mnr. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, tydens vanoggend se nuuskonferensie oor Covid-19 in Namibië gesê.
Dertien persone is steeds in isolasie terwyl drie van die land se 16 positiewe gevalle ontslaan is en na hul lande van oorsprong teruggekeer het. Die coronavirus is plaaslik steeds net aan drie persone oorgedra. Die res is “ingevoerde” gevalle.
“Dit wys ons gesondheidsdienste is in staat om die saak te hanteer,” het Nangombe gesê. “Die strategie het gewerk,” het hy oor huidige inhokmaatreëls gesê. “Die wyse waarop elke persoon optree, sal bepaal of ons die virus oorwin.”
Spesifieke, opgedateerde syfers is nie verstrek oor toetse en persone onder kwarantyn nie.
Opnuut is teen diskriminasie en stigmatisering gewaarsku. “Die vyand is nie die volgende persoon nie, die vyand is die virus,” het Nangombe beklemtoon.
Die tema van die praatjie was die aftakeling van mites en fopnuus. "Ons moet die mite verwerp dat die Namibiese regering nie vertrou kan word nie," het Namgombe gesê.
Hy het mense aangemoedig om nie tydens Paasnaweek inperkingsreëls te oortree nie.
“Laboratoriumkapasiteit is regtig besig om hier te verbeter,” het dr. Eric Dziuban, die CDC se verteenwoordiger in Namibië, gesê. Goeie en akkurate toetsing is volgens hom van kardinale belang om Covid-19 te bestry. Die beste nuwe toetsstelsels wat in die res van die wêreld ontwikkel word, sal volgens Dziuban ook mettertyd plaaslik ingespan word.
Dziuban het benadruk bestaande repodruksiekoerse (die aansteektempo) vir Covid-19, wat aandui een siek persoon kan twee tot drie ander aansteek, is modelle gebaseer op geen ingryping nie. Weens plaaslike maatreëls kan so ‘n formule dus nie sonder meer plaaslik gebruik word nie.
Die publiek kan vrae stuur na [email protected].
Kyk na die volledige uitsending deur die NBC by: shorturl.at/bjkK8
Namibia Media Holdings hervat ons regstreekse uitsendings van daaglikse nuuskonferensies ná Paasnaweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie