Geen nuwe Covid-19-gevalle in drie weke
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) me. Esther Muinjangue sê Namibië het steeds net 16 bevestigde gevalle van Covid-19.
Sewe van die 16 gevalle het herstel, terwyl die oorblywende nege in 'n "baie stabiele" toestand is. Volgens Muinjangue is 675 mense teen gister vir die siekte getoets.
Hiervan het 660 negatief getoets en word vir die uitslae van 15 gewag. Die adjunkminister sê 566 mense was in kwarantyn waarvan 350 huis toe gestuur is en 216 tans in kwarantyn is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie