'Geen oorlogsone in Namibië'
Francoise Steynberg
'n Stemgreep wat per WhatsApp versprei word oor vegvliegtuie en helikopters wat by Tsumeb rondvlieg, word deur die Namibiese weermag (NDF) as nonsens afgemaak.
“Dit lyk soos 'n oorlogsone hier met al die vegvliegtuie en helikopters. Dit is die hele Tsumeb-lug vol. Dit lyk soos groot Amerikaanse vegvliegtuie. Hulle vlieg vier-vier en ek het drie stelle gesien, so dit is 12 vliegtuie,” lui die stemgreep waarop 'n man aan die woord is.
“Hier is ook groot weermaghelikopters. Ek het nie eers geweet Namibië het sulke m**rse groot helikopters nie. Die enigste vegvliegtuie van Namibië waarvan ek weet, kan nie eers handgranate gooi nie.”
Die waarnemende skakelhoof van die NDF, lt.kol. Petrus Shilumbu, het op navraag van Republikein op die stemgreep gereageer en gesê: “Die stemgreep is nonsens en kan verwarring en paniek onder die publiek saai, veral as dit versprei word.”
Shilumbu het gesê NDF-vliegtuie vlieg al jare lank in die algemene vlieggebiede van Tsumeb en Grootfontein se lugruim.
“Dit is nie die eerste keer nie en waarom is die publiek bekommerd? Die NDF is as 'n masjien van die staat nie verplig om sy operasies openbaar te maak nie,” het Shilumbu gesê.
Hy het gesê Namibië se lugruim is groot en dit moet in gedagte gehou word die lugmag se missie is om dit te beskerm en om te verseker dit word te alle tye gerespekteer.
“Dit neem ook deel aan grond- en vlootoperasies en gee ondersteuning aan burgerlike owerhede in tye van vrede én oorlog,” het Shilumbu beklemtoon.
In nog 'n stemgreep wat op WhatsApp versprei word, vertel 'n vrou dis onrusbarend om die afgelope maande voortdurend konvooie militêre voertuie in die Buitepos-omgewing by die Botswana-grens te sien.
“Dit is groot militêre voertuie wat soos Casspirs lyk.”
“Soos ek Gobabis toe gery het, het ek seker drie of vier konvooie van sowat 30 voertuie gesien,” het die vrou gesê.
“My man het ook Vrydag militêre konvooie gesien wat op pad Botswana toe is. Ons is bekommerd. Julle moet vir ons bid.” Shilumbu het ook op dié stemgreep gereageer en gesê Botswana, Zambië en Zimbabwe is lande wat deur ander lande omring is en droë hawens by Walvisbaai het.
“Die voertuie wat gesien is, is van Botswana se weermag en in transito deur Namibië na Botswana.”
Hy het gesê die voertuie het Botswana Saterdag deur die Trans-Kalahari-grenspos binnegegaan.
“As ons in 'n oorlog is, sal die staat dit verklaar. Dis nie nodig om paniekerig te raak en stories op te maak nie,” het Shilumbu gemaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie