Geen Oscars-inskrywing vir Namibië vanjaar

Yandi Du Plessis
Die Namibiese Oscars-keurkomitee het besluit om nie ’n rolprent vir die internasionale speelfilm-kategorie van die 94ste Oscar-toekennings in te skryf nie.

Die vier inskrywings wat die komitee ontvang het, het nie voldoen aan die kwalifiserende kriteria soos uiteengesit deur die Akademie vir Rolprentkuns en Wetenskap nie, wat onder meer vereis dat ’n rolprent vir sewe opeenvolgende dae in ’n Namibiese rolprentteater vertoon word ná die première tussen 1 Januarie en 31 Desember vanjaar.

“Namibië mag dalk nie vanjaar ’n inskrywing in die internasionale rolprentkategorie hê nie, maar die geleentheid is daar vir elke filmmaker om ’n oomblik voor te stel wanneer ’n rolprent wat hulle gemaak het, erken word deur hul eweknieë saam met films van oor die wêreld heen.

“Om ’n benoemde onder die top 15-rolprente te wees, is om die hoogtepunt van jou loopbaan te bereik,” lui ’n mediaverklaring wat die Namibiese Filmkommissie (NFC) vandeesweek uitgereik het.

Die Namibiese Oscars-komitee het verder die twee Namibiese produksies gelukgewens wat onafhanklik en “deur die prysenswaardige pogings van die vervaardigers” vir die Oscar-toekennings ingeskryf het, naamlik The White Line en Invisibles (Kaunapawa). Dié twee plaaslike produksies is tans besig met hul Oscars-veldtog.

“Ons wens die produksiespanne alle sterkte toe in hul reis en doen ’n beroep op Namibiese entiteite om plaaslike rolprente te ondersteun wat by die Oscars meeding en gevolglik Namibië kan help posisioneer as ’n gunstige beleggings-, toerisme- en rolprentbestemming,” het die NFC verder gesê.

“Ons sien uit na volgende jaar wanneer Namibiese rolprentvervaardigers weer die geleentheid sal kry om vir die internasionale speelfilm-kategorie van die Oscars in te skryf en toegang tot die grootste gehoor op die wêreldverhoog te verkry.”

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!