Geen partytjie vir Nujoma
Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié besluit is in lyn met die Covid-19-regulasies wat deur die regering geïmplementeer is en wat benadruk bejaardes is meer kwesbaar vir die virus. Mense kan boodskappe of gelukwense aan Nujoma se kantoor by [email protected] rig.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie