Geen pluimvee, voëls mag ingevoer word
Die hoogs aansteeklike voëlgriep het in Europese lande uitgebreek.
Namibië se ministerie van landbou, water en grondhervorming het die invoer en in transito beweging van pluimvee, voëls en pluimveeprodukte van Nederland, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Ierland, Oekraïne, België, Pole, Denemarke, Swede en Frankryk verbied.
Dié aankondiging volg nadat die hoogs aansteeklike voëlgriep (HPAI) in dié lande uitgebreek het.
Die kennisgewing vervang die direktoraat veeartsenydienste se kennisgewing wat aan invoerders op 29 Desember uitgereik is. Die direktoraat lig invoerders in oor die onmiddellike verbod op transitobeweging van lewendige pluimvee, voëls, rou/ongekookte pluimveeprodukte, lewendige volstruise en rou volstruis produkte vanaf die genoemde land weens die uitbreek van HPAI.
Die inkubasieperiode van die siekte is 21 dae, soos dit deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) vasgestel is. Die verbod tree in werking 21 dae voor die begin van die uitbreking.
Om die rede word besendings wat pluimveeprodukte bevat wat voor of ná die begin van die skorsing verpak is, verwerp en sal terug na die land van herkoms gestuur word, of word op die koste van die invoerder vernietig.
Invoerders moet in ag neem dat koelhouers as een besending gesien en as 'n eenheid hanteer sal word.
“Ons sal nie toelaat dat bokse (byvoorbeeld hoendervleis) volgens datum uitgesorteer kan word nie,” lui die verklaring.
Alle invoer- en transitopermitte wat tevore uitgereik is, word hierdeur onmiddellik gekanselleer.
Gekookte pluimveeprodukte vir kommersiële doeleindes mag steeds na Namibië ingevoer word onder die veeartsenydienste se invoerpermit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie