Geen reisbeperkings op Westerse lande met Omicron-gevalle
Geen reisbeperkings op Westerse lande met Omicron-gevalle

Geen reisbeperkings op Westerse lande met Omicron-gevalle

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Omicron was reeds teenwoordig in verskeie Westerse lande insluitend Nederland waarop daar geen reisbeperkings gestel is nie. Tog is Suider-Afrikaanse lande waarin daar nog nie ’n enkele geval van die variant aangemeld is nie, op ’n rooilys vir internasionale reis geplaas.
Dr. Lazarus McCarthy Chakwera, president van Malawi en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), sê hoewel elke land se wettige beginsel erken word om sy bevolking te beskerm en die invoer van nuwe variante van Covid-19 te beperk, verwerp SADC die reaksie wat gevolg het op Suid-Afrika se baanbrekersontdekking van Omicron.
“Ons veroordeel die skynbare teiken van lande in ons streek en beklemtoon die reisbeperkings is ’n toonbeeld van ’n gebrek aan globale solidariteit en in weerwil tot die Internasionale Gesondheidsregulasies wat aan lande die mandaat gee om inligting oor siektes van grootskaalse openbare belang betyds te deel,” sê Chakwera.
Die agt lande wat aan die reisbeperkings onderwerp word, is buiten Namibië, Botswana, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe.
Chakwera was vol lof vir wetenskaplikes in Suid-Afrika vir die haas waarmee hulle die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor die nuwe variant ingelig het.
Volgens hom is wetenskaplikes oraloor in die wêreld dit eens dat reisbeperkings geen impak gaan hê op die verspreiding van die nuwe variant nie.
“Die onmiddellike gevolge is reeds duidelik. Dit rig skade aan ’n toerismebedryf wat reeds kwesbaar is, verminder die vervoer van noodsaaklike goedere insluitend broodnodige entstowwe en toetsstelle vir Covid-19 en versnel die inkrimping van ekonomieë in die streek as geheel.”
Chakwera sê die beperkings is sonder enige verwysing tot wetenskaplike bewyse ingestel en is onregverdig tot die inwoners van die streek.
Hy het ’n beroep op lande gedoen wat reisbeperkings ingestel het om hul besluite te herroep om verdere ekonomiese skade tot die streek te verhoed. Chakwera het ook vir verhoogde solidariteit tydens krisisse van alle vorms, ingesluit klimaatsverandering, natuurlike rampe en pandemies gevra.
“Ons staan in solidariteit met die inwoners van die agt lande en bly daartoe verbind om hulle te ondersteun in hul pogings om alle struikelblokke te takel wat deur die pandemie veroorsaak is, om hul lande weer terug op die pad na ekonomiese herstel te plaas en ’n beter streek te bou.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!