'Geen ruimte vir koning van diere'
Die Erongo Mountain Rhino Sanctuary (EMRS) gee hul mening oor die vuilbaarde wat nou vir die tweede keer verskuif word.
Sven-Eric Stender - 'n Bloedbad in die skaapkraal: In 'n enkele nag het twee leeus meer as 170 skape by Brandberg afgemaai.
In November het leeus skape en bokke in die Kunenestreek gevang en maande tevore het leeus van 'n oorbevolkte Etosha Nasionale Park af na kommunale plaasgrond beweeg.
Geen wonder die konflik tussen die groot katte en die mens verhoog nie.
Die leeu kom altyd tweede, hoewel ongerepte Afrika en Namibië as toeristebestemming daarvan hou om die leeu te adverteer.
Geraakte boere eis dat die groot roofdiere uit hul gebied verwyder moet word of hulle gryp na gewere of gif. Die hartseer werklikheid is dat die enigste tuiste vir die koning van die diere nasionale parke is.
Habitat krimp tot 8%
Dit lyk of Namibië die algemene neiging van die hele vasteland volg. Volgens 'n studie van Riggio et al van 2013 verteenwoordig die oorblywende habitat vir die leeu in Afrika suid van die Sahara net 17% van leeus se geskiedkundige gebied. Volgens 'n meer onlangse studie van Baur et al in 2015 vir die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) se Rooilys van Bedreigde Spesies, is die prentjie meer dramaties: Volgens hierdie studie is net 8% van die geskiedkundige leeugebied steeds beskikbaar.
Boerdery- en menslike ontwikkeling het die meeste van die voormalige leeuhabitat oorgeneem.
Dié ontwikkeling was volgens mnr. Kai-Uwe Denker, voorsitter van die Erongo Mountain Rhino Sanctuary (EMRS), waarom daar tydens die algemene jaarvergadering van 2015 besluit is om plek vir leeus in hul private natuurreservaat beskikbaar te maak.
Een van die mees onlangse voorbeelde van konflik tussen leeus en veeboere was die leeutrop wat in die Kunenestreek meer as 250 skape en bokke in twee nagte afgemaai het.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het dadelik amptenare na die gebied gestuur. Hoewel die boere nie leeuproefkrale gebou het nie is vyf van die leeus gevang om te verskuif.
Maar waarheen? Etosha het reeds 'n oorbevolking van leeus en dieselfde geld ander nasionale parke. Die ministerie het toe die EMRS in die Erongoberge gekontak, met wie hulle weens die swartrenosterbewaringsprogram reeds 10 jaar goed saamwerk.
ERONGO HET LEEUS NODIG
Die EMRS, wat 180 000 hektaar groot is, stem toe in om te help, want die area is geskik vir leeus en het 'n oorbevolking van koedoes, Hartmann-sebras en kameelperde. Daar is ook effektiewe teenstropingsmaatreëls weens die swartrenosters in die gebied en 'n hoë wildweringheining aan drie kante van die gebied wat aan kommersiële plaasgrond grens, asook geëleketrifiseerde heinings na Omaruru se dorpsgebied.
Die leeus sou boonop 'n bykomende toeriste-aantreklikheid wees. Volgens die EMRS is 18 verskillende toerismebesighede (lodges, jag- en gasteplase en kampeergebiede) in die gebied weens die projek gevorm wat jaarliks deur 20 000 toeriste besoek word. Meer as 200 toerismeverwante werksgeleenthede is geskep en 38 wildwagters doen teenstropingspatrollies om algemene sekuriteit te verseker.
Die ministerie het in November dus vier van die vyf leeus na die EMRS verskuif waarvan een weens stres gevrek het. Volgens Denker is die leeus nog nie gesien nie. Hulle bly in die afgeleë, bergagtige dele. Net hul spore word nou en dan gesien. Hulle leef op wild, het nog geen vee gevang nie en vermy mense. Dit bewys hulle het die skape en bokke in die Kunene gevang, omdat daar min wild weens die droogte was.
BEDREIGING VIR MENSE EN VEE?
Tog was daar protes hierteen. Die familie wat die plaas Eileen besit, wat 'n kampeergebied in die omgewing het en volgens die EMRS-lede bokke aanhou, beklemtoon op verskeie forums die gevaar vir mense en vee. Dit is ietwat ondenkbaar vir EMRS-lede, want luiperds en ander roofdiere is volop in die Erongoberge. Volgens die ministerie is daar minder aanvalle deur leeus op mense as deur luiperds - en luiperdaanvalle is skaars genoeg.
Volgens die EMRS is die gevaar van houtversamelaars geopper, maar daar is geen houtversamelaars in die reservaat nie. 'n Petisie wat die leeuopponenete van Eileen belowe het, is steeds uitstaande.
Die klein plaas Eileen is binne die EMRS geleë en het gebaat by die verhoogde toerismepotensiaal, die teenstropingsoperasies en veiligheidsmaatreëls van die natuurreservaat, maar het volgens Denker reg van die begin af nie met die EMRS saamgewerk nie. Soos elders, behels dit konflik tussen veeboer en leeu.
Maar die protes het gevolge gehad. Op 10 Januarie het die ministerie aangekondig dat die leeus gevang en weer verskuif sal word - hierdie keer na 'n nasionale park.
Tydens 'n vergadering met die ministerie het die EMRS uitgevind dat 'n onbetrokke derde persoon die indruk geskep het dit is 'n party wat deur die leeus geraak is wat aangebied het om die leeus te vang en te verskuif. Hierdie persoon is egter nie bekend aan die EMRS nie en bly nie in die gebied nie, maar het klaarblyklik 'n goeie kontak.
Die bewering was dat daar 'n plan was om die leeus aan Suid-Afrika te verkoop waar tuberkulosevrye Namibiese leeus tot R500 000 werd is. Die ministerie het nie die voorstel aanvaar nie, maar die leeus is vir ’n tweede keer verskuif - hierdie keer na Etosha.
JA VIR RENOSTERS, NEE VIR LEEUS
Die ministerie van die omgewing en toerisme probeer die probleem van 'n kwynende habitat vir konflikspesies soos leeus en olifante teen te werk met die strategie van die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne. Op hierdie manier kan kommunale en kommersiële bewaringsgebiede hul wild beskerm en verduur om toeriste te lok om finansiële voordeel deur middel van toeriste-aktiwiteite te trek.
Die bedoeling om meer habitat vir wild selfs buite nasionale parke, in samewerking met kommunale of private instellings, beskikbaar te maak, werk baie goed met renosters. Dit is ook van toepassing op die EMRS in die Erongoberge.
Die poging om dieselfde sukses met leeus te hê, het skynbaar tot tyd en wyl misluk. Lede van die EMRS is veral teleurgesteld oor die feit dat die erkenning van 'n groot visie van suksesvolle samewerking in natuurbewaring deur 'n klein hoeveelheid mense se teenkanting bedreig kan word - en dat deeltydse bokboere, wat volgens EMRS-lede 'n bestaan elders kan voer, die herstel van 'n ongeskonde ekostelsel kan boikot.
Die vraag bly staan: Waar moet ’n geskikte blyplek vir leeus beskikbaar gemaak word indien selfs die droë, rowwe terrein van die Erongoberge, wat nie eers vir volhoubare landbou geskik is nie, nie voldoende is nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie