Geen staatsbegrafnis vir hoofman Frederick
Die Heldeakker buite Windhoek is ’n plek waar Namibiese helde en heldinne vereer en onthou word, iets wat nie vir die ontslape hoofman David Frederick beskore is nie. Die leier van die Popular Democratic Movement, mnr. McHenry Venaani het tydens Frederick se begrafnisdiens die regering daarvan beskuldig dat hulle regte van hul burgers weerhou en baie selektief is oor wie wél deur die regering ter ruste gelê word. Volgens Venaani regverdig hoofman Fredericks se ongeëwenaarde rekord van toewyding en verbintenis tot sy mense, sowel as sy eienskappe om mense te verenig ’n staatsbegrafnis. Venaani het glo in dié verband ’n skrywe aan president Hage Geingob gerig wat op sy beurt gesê ’n komitee hanteer voorstelle wie vir ’n staatsbegrafnis kwalifiseer, maar dat die besluit uiteindelik by hom berus. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie