Geen sterftes weens hepatitis-E in 2021
Die veldtog om higiëne tydens Covid-19 te bevorder, het onbedoeld tot 'n afname in hepatitis-E bygedra.
Jana-Mari Smith
Niemand in Namibië is verlede jaar weens hepatitis-E dood nie – in vergelyking met vier sterftes in 2020 en 23 in 2019.
Tussen September 2017, toe gesondheidswerkers die begin van die uitbreking opgemerk het, tot aan die einde van 2018 het 39 mense weens die siekte gesterf.
In totaal het dus 66 mense weens dié hepatitis-E-uitbreking gesterf, wat veral inwoners in die informele nedersettings hard getref het waar toegang tot skoon water en toilette skaars is.
Van die sterftes was 23 (41%) swanger vroue wat gesterf het kort voor of nadat hulle geboorte geskenk het.
Die nuutste beskikbare situasieverslag oor die uitbreking in Namibië toon dat teen 15 Augustus 2021 'n kumulatiewe totaal van 8 090 gevalle landwyd aangemeld is.
Khomas is die streek wat verreweg die meeste geraak is, met 62% van die land se bevestigde en vermeende gevalle, gevolg deur Erongo.
In Januarie 2021 is 8 030 gevalle landwyd aangemeld, wat 'n toename van net 70 nuwe infeksies gedurende 2021 wys.
In vergelyking was daar tussen Januarie en Mei 2020 meer as 600 nuwe gevalle aangemeld. Tussen September 2018 en 2019 is 3 700 hepatitis-E-infeksies aangemeld en tussen September 2017 en Julie 2018 2 554.
Teen Mei van 2018 het die siekte na bykans elke streek in Namibië versprei. Zambezi was die enigste sonder enige aangemelde geval van hepatitis-E. Die Khomasstreek het naby aan 5 000 gevalle gehad; Erongo 1 800, Omusati 350, Kavango 166 en Ohangwena 161 gevalle. Die ||Kharas- en Kunenestreek het afgesien van Zambezi die minste gevalle aangeteken.
In reaksie op die uitbreking het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, met steun van verskeie plaaslike en internasionale vennote, insluitend die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die regering van Japan wat finansiële steun aan die WHO verskaf het, veelsydige benaderings geïmplementeer om die uitbreking te bekamp.
In 2020 het die ministerie en ander kommentators uitgewys dat pogings om sanitasie-infrastruktuur en bewustheid in informele nedersettings te bevorder in reaksie op die Covid-19-pandemie, onbedoeld 'n positiewe uitkringeffek gehad het om die hepatitis-E-uitbreking te help bekamp.
“Hoewel pogings hoofsaaklik teen die Covid-pandemie gedoen is, was daar 'n voordelige oorvloei van die sanitasie- en higiënepraktyke van Covid-ingrypings om hepatitis onder beheer te bring,” het die ministerie van gesondheid middel 2020 opgemerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie