Geen tekort aan suurstof, sê Afrox
'n Reeks maatreëls is reeds in die vierde kwartaal van verlede jaar ingestel in afwagting op verhoogde aanvraag.
Henriette Lamprecht – Afrox Namibia sê daar is geen verskaffingstekort aan mediese graad-suurstof aan sy kontrakkliënte in Namibië nie.
Volgens die maatskappy se besturende direkteur, mnr. Eckhardt Vorster, het die maatskappy tans voorraaddekking van 1,15 keer die verhoogde aanvraag in Desember in mediese suurstof in sy stoorgeriewe oraloor Namibië.
“Daar is tans geen struikelblokke of tekorte om in die behoeftes van private en staatshospitale en -klinieke te voorsien nie,” het hy gesê.
Volgens hom word die maatskappy se tydige grootmaat aflewerings van suurstof aan hospitale bereik deur die gereelde monitering van die stoortenks se vlakke deur hospitaalpersoneel, asook deur Afrox.
“Waar mediese suurstofsilinders in die plek van grootmaat-tenks gebruik word, is dit die verantwoordelikheid van hospitale om die aanvraag vir mediese suurstof te bepaal en ons spoedig te kontak om te verseker aflewering is betyds,” het Vorster verduidelik.
Hy het beklemtoon die onus rus op hospitale en kliniekadministrateurs om vir speling voorsiening te maak en die behoeftes van pasiënte deur hul mediese personeel te monitor.
“Enige toename in aanvraag, soos aangemeld deur mediese personeel aan hospitaaladministrateurs, moet in 'n redelike tyd gekommunikeer word om logistieke reëlings te tref.”
Afrox Namibia voer volgens hom ook vloeibare suurstof in grootmaat vanaf Suid-Afrika in en het die keuse om nog meer van 'n tweede land in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in te voer.
Afrox Namibia versprei mediese suurstof in silinders aan beide openbare en private hospitale en het volgens Vorster 'n reeks maatreëls in die vierde kwartaal van verlede jaar ingestel in afwagting op 'n toename in aanvraag. Dié maatreëls sal vanjaar voortduur.
Dit sluit volgens hom verhoogde grootmaat-suurstof in strategiese bergingsgeriewe in en die omskakel van silinders vir nywerheidsgebruik om mediese graad-suurstof te stoor om bestaande voorrade van mediese silinders te verhoog.
Vorster sê die maatskappy beskou dit tydens die Covid-19-pandemie as 'n “morele en etiese noodsaaklikheid” om menselewens hoër as lewensbestaan of winsbejag te plaas.
Afrox Namibia is nie die enigste verskaffer van mediese suurstof in die land nie. Die maatskappy is wel een van die verskaffers van suurstof en ander mediese gasse aan 'n aantal staats- en private hospitale en klinieke in Namibië.
Vorster het beklemtoon 'n reeks noodscenario's is in plek en toetsing en die implementering van opgedateerde aanpassings word gereeld gedoen.
“Afrox se batterybeperkings by hospitale strek nie tot die totale gasretikulasiestelsel of gasuitlaatpunte nie. Waar hospitale verhoogde kapasiteit en bykomende installasie en ingenieurswerk vereis, is dit die hospitaal se reg om dit te doen.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie