Paniek dryf koopmanie

Winkels kan nie voorbly met die verskaffing van items soos handreiniger en ontsmetmiddels nie.
Tanja Bause
Tanja Bause – Daar is tans geen tekort aan toiletpapier in Namibië nie.

Dit is egter nié die geval wat waterlose handreinigers, ontsmetmiddels, gesigmaskers en vitamien C-aanvullings betref nie.

Volgens mnr. Absalom Hamukwaya, takbestuurder van die WB-supermark in Eros, het mense die winkel Saterdag binnegeval en ontsmetmiddels, vitamien C en ontsmetlappies gekoop.

“Waterlose handreinigers was in die week al uitverkoop. Saterdag het mense enige bottel gekoop waarop ‘antisepties’ of ‘ontsmetmiddel’ staan. Alles is uitverkoop, ook al ons bruistablette, tablette en stroop wat vitamien C bevat,” sê hy.

’n Werknemer van Checkers in die hoofstad sê hulle het tot dusver geen probleem met die verskaffing van toiletpapier ervaar nie.

“Daarvan het ons genoeg. Waterlose handreinigers is egter uitverkoop. As ons ’n bestelling kry en die rakke vol pak, is dit amper onmiddellik weer uitverkoop. Ons verwag egter vandag ’n nuwe besending en sal dan weer op die rakke hê.”

’n Apteker van Lifestyle Pharmacy in Windhoek sê hul gesigmaskers was al in Januarie uitverkoop.

“Ons bly bestel, maar soos dit inkom, verkoop dit uit. Ons waterlose handreinigers is ook lankal uitverkoop. Ons het klein plastiekbottels met handreiniger uit groot bottels gevul en verkoop, maar nou het ons nie meer klein plastiekbotteltjies nie,” sê sy.

Beide die apteker en die Checkers-werknemer sê verskaffers uit Suid-Afrika sê hulle kan nie meer in die vraag na veral waterlose handreinigers voorsien nie, omdat Suid-Afrika dit self benodig.

Super Spar Maerua se vloerbestuurder sê ook hul winkel is veral Saterdag deur mense oorval wat ontsmetmiddels, waterlose handreinigers, ontsmetlappies en antiseptiese reinigers aangeskaf het.

“Ons het bestel en die verskaffers het belowe hulle sal vandeesweek lewer. Mense moet net kalmeer. Alles is bestel en die rakke gaan nie leeg bly nie,” sê sy.

By Fruit & Veg in Maerua Mall dra personeel reeds handskoene en is ontsmetlappies by die ingang beskikbaar.



Otis Finck op Walvisbaai berig me. Rianda Holmberg van die Dunes Mall Pharmacy op die hawedorp sê maskers en handreinigers is uitverkoop.

“Ek het vir my personeel maskers gegee omdat ons met siek mense werk. Dit help nie as massahisterie uitbreek nie. Ons moet positief bly,” sê sy.

“As mense nie maskers kan kry nie kan hulle ook ’n serp gebruik as hulle iets vir beskerming wil gebruik. Mense sê ook die gebruik van ontsmetmiddels help nie, maar ons het weer handreinigers bestel. Ons probeer almal help.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A