Geen uitslae meer in koerante
'n Totaal van 113 540 graad 11- en 12-kandidate het vir verlede jaar se eksamens geregistreer.
Henriette Lamprecht – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal nie vanjaar se graad 12-uitslae ook in koerante publiseer, soos tevore die gebruik was nie.
Volgens die direkteur vir die direktoraat nasionale eksaminering en evaluering (DNEA) in die ministerie, me. Clemmentine Tsumis-Garises, sal net platforms soos SMS'e, die webtuiste en streekskantore gebruik word.
“Die uitslae sal via SMS uitgestuur word, op die ministerie se webtuiste geplaas word en ook by streekskantore beskikbaar wees,” het Garises gesê.
Dié instruksie is volgens haar deur die uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Sanet Steenkamp, gegee. Dit volg ná jare se klagtes van ouers en 'n lewensvatbaarheidstudie en navorsing wat geruime tyd hieroor gedoen is. “Die uitslae word reeds via SMS en by al die sentrums oraloor in die land uitgegee; dit is nie nodig om dit te publiseer nie.”
Volgens Garises is die huidige beplanning dat die uitslae in die tweede week van Februarie verwag word.
“Daar is prosesse wat ons moet voltooi en deurgaan. Ek kan nie 'n spesifieke datum gee nie.”
'n Totaal van 113 540 graad 11- en 12-kandidate het vir die eksamens geregistreer. Dit sluit voltydse sowel as deeltydse kandidate in.
Dr. Elizabeth Ndjendja, adjunkdirekteur in die onderwysministerie, het vroeër beklemtoon eksamenvraestelle vir die nasionale graad 11- en 12-eksamens is voor die pandemie opgestel volgens 'n standaard wat 'n kwalifikasie verseker wat gelykstaande aan vyf jaar gelede s'n is.
Dit is dus volgens haar geensins in die lig van Covid-19 'n “swakker” kwalifikasie nie. Die ou leerplan het verlede jaar met die graad 12-leerlinge van 2020 geëindig.
Die eerste Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS) wat graad 12-leerlinge vir 2021 skryf, is volgens Ndjendja 'n meer gevorderde kwalifikasie, maar nie verpligtend nie.
Sou daar leerlinge wees wat nie die paal haal nie, sê Ndendja stelsels is geskep om te verseker hulle kan as deeltydse kandidate by geregistreerde instellings soos die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) die eksamens herhaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie