'Geen vars hout geoes'
Die ministerie van landbou, water en bosbou sê geen Namibiese hout is in die feesseisoen vervoer nie.
Die ministerie van landbou, water en bosbou beklemtoon geen vars hout word in die Kavango-Wes-, Kavango-Oos- en Zambezistreek geoes nie.
Mnr. Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie, het in 'n mediaverklaring herhaal geen hout mag snags vervoer word nie.
“Plaaslike houtprodusente moet ook voorkeur bo buitelanders geniet om die hout te koop,” sê Musheko in die verklaring.
“Alle hout moet in die teenwoordigheid van beamptes van die ministerie in vraghouers op vragmotors gelaai word,” sê hy.
Die mediaverklaring volg omdat die houtkwessie steeds wyd aandag trek en bespreek word.
“Die ministerie het vasgestel daar is steeds vrae oor die oes, vervoer en bemarking van hout,” sê Musheko.
“Dit ondanks die kabinetsaankondiging in Desember dat 'n groot hoeveelheid reeds geoesde hout in dié drie streke is.”
Die woordvoerder sê die kabinet het die betrokke ministeries beveel om die hout wat reeds geoes is, sover moontlik plaaslik en internasionaal te bemark.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simaata, het dié aankondiging reeds op 9 Desember gemaak.
Volgens Musheko het sy ministerie, in samewerking met ander rolspelers soos die ministerie van die omgewing en toerisme, die Namibiese polisie en doeanebeamptes, maatreëls ingestel om gehoor aan dié kabinetsopdrag te gee.
“'n Span van 17 personeellede is in die streke en by die Mururani-, Buravo- en Mpungu Vlei-padblokkades ontplooi, wat toegang tot die noordoostelike streke bied.”
Die woordvoerder sê sedertdien werk die span onverpoos om te verseker prosedures word gevolg.
“Hoewel die span van 20 Desember tot 13 Januarie met vakansie was, is geen Namibiese hout in die vakansieseisoen vervoer nie. Personeel was deurgaans by verskeie strategiese padblokkades aan diens.”
Volgens Musheko is toestemming aan buurlande soos Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo gegee om hout deur Namibië van die lande van oorsprong af na die Walvisbaai-hawe te vervoer.
“Hout wat vervoer word, word deeglik gemonitor – vandat dit Namibië binnekom tot by Walvisbaai,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie