• Tuisblad
  • Afrika
  • ‘Geen verskonings’-tyd in Afrika moet kom - Obama
u2018Geen verskoningsu2019-tyd in Afrika moet kom - Obama
u2018Geen verskoningsu2019-tyd in Afrika moet kom - Obama

‘Geen verskonings’-tyd in Afrika moet kom - Obama

Oudpres. van VSA het in antwoord op ’n vraag gesê hy sal graag wil sien dat meer vroue die politiek betree.
Sarel van der Walt

Hy glo nie Afrika het ’n “Verenigde State van Afrika” nodig om sy probleme te oorbrug nie, het oudpres. Barack Obama van Amerika Woensdag in Johannesburg gesê. Hy het ’n gespreksbyeenkoms van die Obama-stigting met 200 jong leiers uit 44 Afrika-lande bygewoon. Dit is regstreeks op die Obama-stigting se webblad uitgesaai.

Obama het Dinsdagmiddag die 16de Nelson Mandela-gedenklesing in die Wanderers-krieketstadion in Johannesburg gelewer.

“Die mense in die onderskeie lande in Afrika moet eers binne hul eie landsgrense met mekaar klaarkom voordat hulle kan streef na ’n Pan-Afrika-eenheid,” het Obama in antwoord op ’n vraag gesê.

Hy besef kolonialisme het ’n baie negatiewe invloed op die vasteland gehad, maar daar moet ’n tyd kom dat Afrika moet sê “geen verskonings meer nie”.

Obama het gesê in 1963, toe Kenia onafhanklik geword het, was dié land en Suid-Korea se bruto binnelandse produk (BBP) dieselfde.

“Nou is Suid-Korea s’n tien tot 15 keer groter – en Suid-Korea het ook baie probleme.”

Obama het vertel toe hy nog die Amerikaanse president was, het hy vir Amerikaanse diplomate en veiligheidspersoneel gesê wanneer hy ander lande besoek, wil hy nie net met die presidente, eerste ministers en ander leiers praat nie.

JEUGLEIERS

Hy wou met die jeug praat.

“Ek het geglo ek kan baie by hulle leer en het geweet hulle sou my ’n beter idee gee van wat werklik in hul land aan die gang is.”

Obama het in antwoord op ’n ander vraag gesê hy sal graag wil sien dat meer vroue die politiek betree.

“Daagliks, wanneer ek my koerant lees, begin dit my irriteer as ek sien wat van die mans in die politiek aanvang – van hulle is gewelddadig en die ander boelies.”

Obama het aan die jeugleiers gesê hulle kan soos oudpres. Nelson Mandela al op ’n vroeë ouderdom by die politiek betrokke raak. Hy het baie by Mandela geleer.

Die oudpresident het Dinsdag op die Wanderers gesê hy glo in die visie van “Mandela, (Mohandas) Gandhi, (Martin Luther) King en Abraham Lincoln”.

Almal hoef nie politici te word nie, maar hulle kan op verskeie vlakke ’n invloedryke rol begin speel.

“Almal kan bydra tot die gehalte van die regering wat hulle kry.

“Die doel van politiek is nie net om verkies te word nie. Die doel is om so te regeer dat dit mense se lewe verbeter – en dít is ’n spanpoging,” het Obama gesê.

“Wees dapper, maar realisties. Julle wat hier is, kan baie by mekaar leer in jul samewerking en gesprekke wat julle met mekaar het.

“My raad aan julle – wat ek gekry het toe ek ook nog baie jonk was – was dat jy nie net moet fokus op dit wat jy eendag wil bereik nie, soos om ’n president of ’n minister te word, maar op dit wat jy nóú doen.

“As jy iets doen waaruit ander mense voordeel trek, kan jy dit later as jy politiek toe wil gaan, gebruik as iets wat jy al vermag het,” het Obama gesê.

Jong leiers in Afrika moet verandering help bring.

“Fokus eers net op ’n spesifieke probleem. Doen jou navorsing en beplanning deeglik.

“As jy ’n berg sien, wil ek hê jy moet glo jy kan daardie berg oorwin, maar jy moet dit strategies aanpak,” het hy gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!