Geen vervolging in massaslagting
Kenya Kambowe op Rundu – Die jong man wat in Julie 2018 na bewering vyf familielede in Rundu se Ndama-nedersetting vermoor het, is tot ‘n staatspasiënt verklaar.
Die massamoord het verlede jaar skokgolwe deur Namibië gestuur.
‘n Psigiatriese verslag het bevind mnr. Jesaya Chuhunda sal hofverrigtinge nie verstaan nie.
Die jongste slagoffer in die gesinsmoord was maar net drie jaar oud.
Die saak is Dinsdag in die landdroshof op Rundu van die rol geskrap. Landdros Sonia Samupofu het weens Chuhunda se onbevoegdheid ook ‘n aanrandingsklag van 2016 teen hom teruggetrek.
Chuhunda het tereggestaan vir die moorde op sy 77-jarige ouma, me. Ndongo Ntumba, sy ma, me. Ndara Mpande (46) en drie nefies, Musenge Muruti (6), Hausiku Kapumburu (4) en Musenge Tjingelesu (3).
Volgens die voorlopige verslag aan die hof het Chuhunda ook dwelms gebruik.
Aanklaer Helvy Gorases het vir die staat verskyn.
Twee polisiebeamptes is ná ‘n interne ondersoek elk met N$1 500 beboet omdat hulle nie aan Chuhundu se suster se oproepe om hulp gehoor gegee het nie.
Sy het die polisie twee keer gebel en hom tevore ook al aangekla.
Die beamptes het glo aangevoer daar was geen voertuig beskikbaar om die toneel te besoek nie.
Chuhunda se woede op die noodlottige dag is volgens destydse beriggewing deur ‘n hernude bakleiery met sy suster ontketen.
Hy het sy slagoffers glo met ‘n stok doodgeslaan.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie