Geen waarheid in gerugte oor water
Die Mediclinic-hospitaalgroep het hom gedistansieer van 'n vals berig wat vandag (Woensdag) op sosiale media-platforms soos WhatsApp versprei word, waarin Windhoekers gemaan word om nie kraanwater te drink nie.
Volgens die vals berig is kraanwater onveilig en die rede daarvoor is glo die cholera-uitbreking en die Kongokoors-geval.
Mediclinic sê hy het met kommer van hierdie vals berig onder sy naam kennis geneem en sê dit het nie sy oorsprong by enige van die hospitale in die groep gehad nie.
"Ons ontmoedig die gemeenskap om gesondheidsverwante boodskappe uit te stuur wat nie deur 'n betroubare mediabron geverifieer is nie," lui die verklaring deur die woordvoerder, me. Dezne Colmer.
Tegelykertyd het die Windhoek munisipaliteit ook dié aantygings ten sterkste verwerp en gesê die stad is ‘n wêreldleier in die verskaffing van veilige hergebruikte water.
Die munisipaliteit sê water word aan streng wetenskaplike toetse ingevolge internasionale standaarde onderwerp.
Daar was nooit luidens mediaberigte in enige stadium twyfel oor die veiligheid van Windhoek se drinkwater nie. Die episentrum van die uitbrekings van hepatitis E en cholera is die informele nedersettings by Windhoek waar swak higiëne en gebrekkige sanitasie as oorsaak beskou word.
Die bevestige Kongokoors-geval is uit die Omahekestreek afkomstig. Kongokoors is 'n siekte wat deur die bontpootbosluis versprei word en nie deur water oorgedra word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie