Gehaltevereiste pootjie bouers

Augetto Graig
Augetto Graig

Sedert nuwe vereistes vir die versekering van die gehalte van water- en rioolinfrastruktuur in Augustus 2020 geïmplementeer is, is nie ’n enkele nuwe erf voldoende gediens vir munisipale goedkeuring in die hoofstad nie.

Veelvuldige gehaltetoetse – op aandrang van Windhoek se munisipale ingenieurs – vertraag die bouwerk en verhoog kostes, wat uiteindelik die koper se kopseer word volgens die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF).

Die CIF se hoofbestuurder, me. Bärbel Kirchner, sê dit is skokkend dat die Windhoekse munisipaliteit die vertragings en verhoogde koste om erwe te diens, sou aanvaar.

Sy het verlede maand aan Windhoek se burgemeester, me. Sade Gawanas, oor die kwessie geskryf. Geen reaksie is glo van die burgemeester ontvang nie.

“Ten spyte daarvan dat die CIF drie weke gelede aan die burgemeester geskryf het, blyk dit sake gaan voort soos gewoonlik by die munisipaliteit. Ons ervaar ’n nasionale behuisingskrisis en dié is nie ’n kwessie wat ligtelik deur die munisipaliteit opgeneem moet word nie,” sê sy.

Die munisipale hoofwoordvoerder, mnr. Harold Akwenye, het gesê volgens die hoofstad se ingenieurs is die nuwe vereistes net riglyne, nie regulasies of beleid nie.

Betrokke lede van die CIF, wat anoniem wil bly, sê die stelling is verkeerd en misleidend.

“Die perseel sal nie aan ontwikkelaars oorhandig word as die kontrakteur nie aan die vereiste gehalteversekering voldoen het nie,” sê een.

Die hoofstad is besig met 'n reuse-ontwikkeling in Auasblick uitbreiding 1 waar 300 erwe voorberei word.

Ingeligte bronne sê die toetsvereistes sal die boutydperk met tot drie jaar verleng en die koste met N$30 miljoen opstoot vanaf die N$90 miljoen waarvoor begroot is.

“Hulle sê daar gaan geen besprekings oor die kwessie wees nie, maar as dit nie opgelos word nie, sal die projek waarskynlik opgeskort word,” sê die bouer. “Of dit gaan hof toe,” voeg hy by.

Die munisipaliteit het bevestig dat Auasblick uitbreiding 1 die enigste bouprojek in ’n openbare-private-vennootskap is waar bouwerk steeds voortduur.

“Die oorblywende projekte is in die proses om oorgeneem te word, óf is reeds oorgeneem,” volgens hulle.

Betrokke ingenieurs en kontrakteurs sê egter die munisipaliteit belemmer die oorhandiging van projekte, soos in die geval van Otjomuise uitbreiding 5, waar stadsingenieurs op die hersiening van gehalteversekering aangedring het. Ook in die geval van Goreangab uitbreiding 5 se waterfrontontwikkeling is die oorhandiging van die projek met ’n jaar uitgerek en toe later sonder enige verbetering of verandering aanvaar, sê die bron.

In Auasblick lê ’n rioolpypsloot al sedert Augustus 2021 oop aangesien toetse gedoen moet word na elke laag wat hervul en gekompakteer word.

“Na die eerste 100 mm laag van fyn materiaal moet ons toets en die stad se ingenieurs 24 uur gee om te kom inspekteer voordat ons die monsters na die laboratorium kan stuur. Twee monsters vir toetsing neem elk sowat sewe werksdae tot drie weke voor ons terugvoering kry. Ons toets weer op 200 mm en op 300 mm. Dus is hierdie sloot nog nie opgevul nie,” sê ’n ander bron.

Die oop slote het ook ’n impak op die perseel se veiligheid aangesien dit lank oop staan en onstabiel kan raak.

“Met die eerste reën was dit ook ’n terugslag. SABS-reëls het bepaal ons kon elke 2 km toets. Dit was goeie praktyk omdat ons vinniger uit die grond kon kom. Nou is dit tussen elke tweede mangat. Hoe langer die sloot oop staan, hoe groter is die risiko. Die grond raak onstabiel en modderstortings kan plaasvind,” sê die ontwikkelaar.

Volgens nog ’n bron sal die huise in Auasblick nou tussen 37% en 40% langer neem om te voltooi.

“Oorhandiging sou op 15 Desember vanjaar plaasgevind het, maar nou word tot 1 350 bykomende dae benodig, wat ons tot in 2025 sal neem,” sê hy.

Een ontwikkelaar sê dit sal maklik die waarde van die erwe per vierkante meter verdubbel.

“Daar is geen manier hoe ek dit verkoop sal kry nie,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.14 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.68 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.31 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 631.82/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.60% | Zinc US$ 2 982.50/T UP 3.13% | Brent Crude Oil US$ 75.85/BBP UP +1.97% | Platinum US$ 969.67/OZ UP +1.21% #REF!