‘Geheime’ kan grondberaad in wiele ry
Rolspelers is veral ontevrede oor hoe die kwessie van voorvaderlike grondeise by die konferensie hanteer gaan word.
Elvira Hattingh - Op die vooraand van die tweede nasionale grondkonferensie het verskeie belangegroepe daaraan onttrek, terwyl die regering van ondeursigtigheid beskuldig word, asook dat die konferensie net oëverblindery is, terwyl besluite oor grond reeds geneem is.
Die voorsitter van die Namibiese Forum vir Nieregeringsorganisasies (Nangof), mnr. Sandie Tjaronda, het gister aan Republikein gesê hy twyfel hy of die konferensie nog gaan plaasvind, omdat verskillende belangegroepe ontevrede is oor hoe dit beplan word.
Tjaronda het ook gesê hulle bespreek die toekoms nou onder mekaar.
Volgens hom word die konferensie nie met die nodige deursigtigheid en kommunikasie aangepak nie en bestaan reuse-uitdagings wat betref die onderwerpe wat bespreek moet en kán word.
“Niemand weet wat gaan aan nie. Daar is ‘n tipe geheimhouding, wat ‘n resep vir mislukking is,” het hy gesê.
“Daar is bewerings dat die grondkonferensie net soos ‘n toneel uit ‘n fliek is en dat ons insette geen impak gaan hê nie, omdat die finale besluite reeds agter die skerms geneem is. Die regering neem uiteindelik die finale besluite.”
Sekere tradisionele owerhede het intussen ook aangedui dat hulle aan die konferensie wil onttrek, nadat die Landless People’s Movement (LPM) gister aangekondig het hy gaan die grondkonferensie boikot, omdat hul uitnodiging aandui dat hulle slegs insette oor landbouhervorming kan lewer.
‘n Hersiening van die konferensie-agenda toon egter dat die LPM ook oor voorvaderlike grondwette kon praat, maar volgens die LPM gaan die konferensie nie ‘n betekenisvolle platform skep vir die bespoediging van ‘n volhoubare en regverdige grondhervormingsproses nie.
BESKULDIGINGS
Tjaronda het gesê daar word beweer dat die sogenaamde resolusies wat by die konferensie deur die verskillende streke ingedien is, “gekook” is.
Verder is Nangof ook bekommerd oor die regering se posisie wat grondhervorming betref.
Tjaronda het spesifiek verwys na die regering se beweerde onwilligheid om oor voorvaderlike grondeise te beslis.
“Daar mag oor gepraat word, maar resolusies hieroor kan nie geneem word nie.
“Dit is ‘n aanduiding dat hulle nie gewillig is of daarin belangstel om na die geskiedenis van die land te kyk as dit by die toekenning van grond kom nie. Hulle is baie selektief oor watter kwessies oor beslis kan word,” het hy gesê.
Tjaronda het gesê die kwessie van voorvaderlike grondeise kan nie langer ontken word nie, omdat mense voel hulle is te na gekom toe hul voorvaders grond in onder meer oorloë verloor het.
PRODUKTIWITEIT
Hy het bygevoeg daar is ongelukkigheid oor die nasionale hervestigingsprogram.
“Ons sit met ‘n klomp arm mense en die jeug wat van hervestigingsgrond gebruik kan maak, maar ons gee plase aan politici, hul vriende en familie. Hierdie mense het nie noodwendig enige vermoë om produktief grond produktief te maak nie.
“Die idee dat armes nie grond verdien nie, moet aangespreek word. Armoede is mensgemaak en word deur onder meer beleidskwessies ‘vervaardig’,” het hy gesê.
Hy sê ander sleutelfaktore wat aangespreek moet word, sluit in grondbesit in dorpsgebiede omdat die oorgrote meerderheid van Namibiërs teen 2030 in stedelike gebiede sal woon.
“Verwant daaraan is die hoë huurpryse wat betaal moet word. Grond in dorpsgebiede kan nie afsonderlik bespreek word nie, maar moet ook aan die hand van eiendomsreg, grondgebruik, bekostigbaarheid en toeganklikheid bespreek word.”
Hy het gesê as dit by kommersiële grond kom, moet gekyk word na afwesige eienaars, wat grond wat andersins produktief kan wees, “gevange” hou.
Hy het gesê die verskuiwing van mense na kommunale grond behels dat hulle nou verskeie uitdagings die hoof moet bied, en dít moet ook aandag geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie