‘Gehoorsaam aandklokreël’
Oortreders van die huidige nasionale inperkingsregulasies word beboet met N$2 000 of ses maande tronkstaf.
Leandrea Louw en Kristien Kruger – Die strate van die beperkte areas in die Khomas- en Erongostreek, waar daar tans ’n aandklokreël geld, word vanaf Donderdagaand streng gepatrolleer.
Pres. Hage Geingob het Woensdag aangekondig dat die hele land sedert middernag terug in fase 3 van die noodtoestand is. In beperkte areas in die Khomas- en Erongostreek is spesifieke reisbeperkings en 'n aandklokreël ingestel. Die aandklokreël geld vir Windhoek (waarby Okahandja en Rehoboth ingesluit is), Walvisbaai, Swakopmund en Arandis.
Volgens dié reël mag inwoners van dié areas nie saans tussen 20:00 en 05:00 op straat wees nie. Sekuriteitswagte en die polisie patrolleer snags die strate om seker te maak inwoners kom die regulasie na.
Mense wat nie ná 20:00 tuis is nie word beboet of in hegtenis geneem. Sjebeens wat nie die regulasies nakom nie word deur die polisie toegemaak.
Walvisbaai, Swakopmund en Arandis
Die streekbevelvoerder van die Erongostreek, komm. Andreas Nelumbu, sê die aandklokreël is nodig om die Covid-19-pandemie te beveg.
“Die aandklokreël vereis van mense om snags by die huis te bly, maar uitsondering word gemaak vir noodsaaklike dienste, soos mediese dienste en wetstoepassers en vir diegene wat van dié dienste gebruik moet maak,” het Nelumbu gesê.
Volgens Nelumbu sal enigeen wat regulasies oortree of ’n polisiebeampte se instruksies verontagsaam met N$2 000 beboet word of ses maande se gevangenisstraf.
“Dit is nie ons reg om oortreders te slaan of te martel nie. As iemand sonder 'n geldige rede op straat is en weier om huis toe te gaan, moet hy polisiekantoor toe geneem en daar beboet word. 'n Saak word geopen, die oortreder se boete word uitgereik en die hof word in kennis gestel,” het Nelumbu gesê.
Volgens die bevelvoerder van gemeenskapsake, insp. Ileni Shapumba, is hooggeplaaste amptenare deel van die patrollering op Walvisbaai, Swakopmund en Arandis en tot dusver was dit glo suksesvol.
“Daar was 'n paar gevalle waar inwoners op straat was sonder enige geldige rede. Hulle is beboet en waarskuwings is uitgereik. Nietemin was die meerderheid mense wat ná 20:00 gestop is noodsaaklike diensverskaffers,” het Shapumba gesê.
Kavango-Oosstreek
Volgens Nampa het die polisie Vrydag in die Kavango-Oosstreek twee sjebeeneienaars elk met N$2 000 beboet, omdat hulle buite handelsure drank verkoop het. Volgens die streek se misdaadondersoekbeampte, adj.komm. Bonifatius Kanyetu, is een sjebeen op Ndiyona en die ander op Rundu.
Windhoek
'n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Elifas Kuwinga, het gister aan Republikein gesê die aantal mense wat sedert Donderdag in hegtenis geneem of beboet is, is nog nie bekend nie.
“Ons sal so gou moontlik die statistieke aan die publiek bekend maak, maar dit wil voorkom asof die meerderheid van die publiek die aandklokreël nakom” het hy gesê.
Die polisie was Saterdagaand in 'n informele nedersetting in Windhoek by 'n sjebeen wat na bewering ná 20:00 steeds drank verkoop het. Die eienaar het gesê hy het glo dokumente wat bewys dat hy die drank van die militêre basis ontvang en hulle toestemming het om dit soos normaal te verkoop.
Die bevelvoerder van die Khomasstreek, komm. Joseph Shikongo, het gesê die saak word tans ondersoek.
Ongeveer 30 gewapende polisiebeamptes het na bewering Donderdag omstreeks 17:30 by Maerua Superspar ingebars en mense uitgejaag. Volgens 'n bestuurder van dié winkel het 'n polisiebeampte vir hom gesê hulle moet reeds 17:00 toemaak. Die bestuurder het ná die voorval 'n polisiekommissaris gebel en hy het gesê hulle mag oop bly solank hulle vir hul werknemers genoeg tyd gee om voor 20:00 by die huis te kom.
In reaksie hierop het die polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê dat operasies in groter groepe hanteer word en hulle gewapen was omdat polisiebeamptes altyd gewapen is wanneer hulle aan diens is.
“Ons het met die bestuurder gepraat en die situasie verduidelik. Dit is uitgeklaar,” het sy gesê.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het aan Nampa gesê die polisie mag nie mense wat die aandklokreël oortree vir Covid-19 toets nie.
“Die publiek moet verstaan die polisie moet net verseker dat mense by die regulasies hou. Ek stel voor hulle neem hulle eers om getoets te word, voor hulle die nodige polisiewerk afhandel,” het hy gesê.
- [email protected] en [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie