Geingob, ander bring hulde aan adv. George Bizos
Huldeblyk stroom van gister wêreldwyd in vir die bekende Suid-Afrikaanse menseregtekenner, adv. George Bizos, wat volgens sy familie “vreedsaam tuis (Johannesburg) aan natuurlike oorsake dood is”. Hy was 92 jaar oud.
Bizos het bekendheid verwerf as die regsverteenwoordiger van mnre. Nelson Mandela, Walter Sisulu en Govan Mbeki tydens die Rivonia-verhoor in 1963-’64.
Hy het sy lewe aan die bevordering van menseregte en moraliteit in die samelewing gewy.
Pres. Hage Geingob het vanoggend in ‘n huldeblyk gesê Suid-Afrika het “’n reus en ‘n dapper beskermer van geregtigheid” verloor wat "aan die kant van die regte en vryhede van die swart meerderheid in Suider-Afrika was".
Hy verwys na die Rivonia-verhoor en sê Bizos se nalatenskap is een van uitstaande diens gedurende die stryd om gelyke regte in Suid-Afrika.
Geingob het meegevoel betuig met sy familie, maar ook met pres. Cyril Ramaphosa en die ANC.
Mnr. McHenry Venaani, leier van die PDM, sê in ‘n verklaring Bizos staan uit as ‘n reus in die streek, maar ook Afrika en die res van die wêreld vir sy bydrae om ‘n beter en ‘n meer regverdige bedeling vir almal te skep.
Hy sê sy toegewydheid het bygedra tot die buurland se oorgang van apartheid na ‘n demokratiese bestel, en hy kon as menseregtekenner help met die opstel van die grondwet.
Bizos het ook in 2003 vir die Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai, opgetree toe hy van verraad aangekla is.
“Sy vlymskerp verstand het mense oraloor die wêreld geïnspireer,” sê Venaani.
Adv. George Bizos en oudpres. Nelson Mandela. Foto Greek City Times

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie