Geingob by SADC-spitsberaad
Geingob by SADC-spitsberaad

Geingob by SADC-spitsberaad

Pres. Hage Geingob is by 'n spitsberaad in Suid-Afrika en sal ook die beëdiging van pres. Paul Kagame van Rwanda bywoon.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Pres. Hage Geingob lei die Namibiese afvaardiging na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se spitsberaad wat vanaf vandag tot Sondag in Pretoria, Suid-Afrika, plaasvind.

Volgens Staatshuis is die tema van vanjaar se spitsberaad: “Vorm vennootskappe met die private sektor om nywerhede en waardekettings vir die streek te ontwikkel.”

Tydens die spitsberaad sal staatshoofde onder meer besprekings hou oor 'n oorsig van die sosioëkonomiese situasie in die streek; geslag en ontwikkeling; die status van die nywerheidstrategie se implementering, asook versoeke van die Comore en Burundi om by SADC aan te sluit. Volgens Staatshuis is die kwessies van belang vir die streek ten einde streekintegrasie te verwesenlik.

Namibië sal na verwagting as adjunkvoorsitter van SADC genomineer word met Suid-Afrika wat as die nuwe SADC-voorsitter aangewys sal word.

Tydens die beraad sal ook afskeid van pres. Jose Eduardo Dos Santos van Angola geneem word. Angolese gaan op 23 Augustus na die stembus om 'n nuwe staatshoof te kies. Dos Santos het aangedui dat hy nie weer verkiesbaar is nie. Hy het die land sedert 1979 ná die dood van die stigterspresident, dr. Agostinho Neto, gelei.

Lt.genl. (afgetree) Seretse Khama Ian Khama van Botswana sal ook tot siens sê, want hy tree op 1 April 2018 uit. Botswana gaan in 2019 stembus toe om 'n nuwe president te kies. Dit is die tradisie van die regerende Bo­tswana Democratic Party (BDP) dat die dienende staatshoof die jaar vantevore die tuig neerlê en die gesag aan die visepresident (mnr. Mokgweetsi Masisi) oorhandig wat die BDP in die 2019-verkiesings inlei.

Volgens 'n SADC-verklaring het albei leiers streekintegrasie bevorder.

Die spitsberaad is voorafgegaan deur SADC se Raad van Ministers wat vanaf 15 tot 17 Augustus vergader het.

Geingob word vergesel van die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, en senior regeringslui.

Geingob sal vandag ook die inhuldiging van die aangewese president van Rwanda, mnr. Paul Kagame, in Kigali bywoon.

Die Namibiese staatshoof sal by die spitsberaad en die beëdiging ­bilaterale samesprekings met ander leiers voer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!