Geingob en Lubowski kap mekaar

Dertig jaar ná sy dood pak die weduwee van mnr. Anton Lubowski en die president mekaar.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê openbare beweringe deur die weduwee van mnr. Anton Lubowski is lasterlik.

In ’n ope brief deur me. Gabrielle Lubowski sê sy sy probeer al die afgelope 30 jaar onsuksesvol om vir Geingob te spreek.

Volgens haar was die staatshoof die laaste mens met wie wyle Lubowski gepraat het. “Hy het inligting met jou gedeel wat só sensitief was dat julle twee nie eens kon sit vir ’n koppie koffie nie, maar moes in Kaiserstraat (nou Onafhanklikheidsrylaan) gaan stap sodat niemand julle gesprek kon hoor nie. ’n Paar uur later was Anton dood.”

Gabrielle vaar verder uit: “Ek wil jou steeds vertel dat jy alles van ons weggeneem het deur eerstens vir Anton te verraai en dan sy naam te beswadder.”

Die lewe sonder haar vrygewige, energieke, hardwerkende, optimistiese en dapper man is moeilik, sê sy. “Sy twee kinders het die meeste gely omdat hulle sonder die teenwoordigheid van hierdie pragtige mens, hul pa, moes grootword. Ek het nog nooit vantevore of daarná iemand so gehaat soos ek jou haat nie.”

Maar, sê sy, dié haat, het haar seergemaak en nie vir Geingob nie. “Jy het gegaan van ’n vryheidsvegter in ballingskap tot die eerste eerste minister van onafhanklike Namibië tot die derde president van Namibië.”

Sy sê Anton se sluipmoord in 1989 het vrede vir Namibië en Suider-Afrika bewerkstellig omdat hy so magtig was. “Ek sal jou onthou as ’n man wat ’n broer verraai het om bo uit te kom.”

Geingob het gister by monde van sy prokureur, mnr. Sisa Namandje, gesê Lubowski se bewerings wat sinspeel dat die staatshoof by haar man se dood betrokke was, is onwaar.

Namandje sê Geingob is van mening Lubowski wil sy naam vuilsmeer en ’n openbare woede jeens die president aanvuur.

Die prokureur sê Gabrielle Lubowski se aantygings is enersyds absurd maar ook vreemd dat dit 30 jaar ná sy dood opduik terwyl die polisie haar man se dood ondersoek het.

Dié ondersoek het van lede van die publiek, insluitend die weduwee, verlang om met inligting vorendag te kom om die polisie by te staan.

Namandje dring aan dat Gabrielle Lubowski na aanleiding van die ernstige en lasterlike aard van die bewerings en die moontlike impak wat dit op Geingob se waardigheid, goeie naam en reputasie kan hê, haar beweringe teruggetrek en onvoorwaardelik om verskoning vra.

Lubowski is die aand van 12 September 1989 op 37-jarige ouderdom voor sy huis in Windhoek vermoor.

In daardie stadium was hy die adjunkhoof van Swapo se verkiesingsdirektoraat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!