Geingob 'het nie geld van Areva ontvang'
Geingob 'het nie geld van Areva ontvang'

Geingob 'het nie geld van Areva ontvang'

President Hage ­Geingob sê hy het 'n mynboulisensie ­namens 'n maat­skappy beding.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Pres. Hage Geingob het tydens vraetyd na afloop van sy staatsrede benadruk hy het nooit enige betaling van die kernkragmaatskappy Areva (deesdae bekend as Orano) ontvang nie.

Hy het geantwoord op 'n vraag van die president van die Popular Democratic Movement (PDM) en leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani.

Geingob het breedvoerig verduidelik hy het, ná hy in 2004 uit sy pos by die Wêreldbank bedank het en na Namibië teruggekeer het, 'n konsultasiemaatskappy begin sodat hy 'n inkomste kon verdien.

In hierdie hoedanigheid het hy werk vir UraMin, 'n Kanadese maatskappy, gedoen.

UraMin het 'n prospekteerlisensie vir uraan gehad, maar ­mynbouregte is nie aan hulle toegeken het. Geingob het toe 'n mynboulisensie namens die maatskappy beding.

Vir hierdie werk het hy saam met twee Suid-Afrikaanse vennote betaling van US$300 000 ontvang.

Hierdie inkomste is, ná hy tot die Nasionale Vergadering (NV) as agterbanker verkies is, op die parlementêre batelys verklaar.

In hierdie tyd is UraMin deur Areva uitgekoop.

“Ek het niks met die transaksie te doen gehad nie. As minister van handel en nywerheid het ek later gekla dit is onregverdig dat ­Namibiese bates onderling deur buite­landse ­maatskappye verkoop word, sonder dat Namibië 'n enkele sent in belasting daaruit verdien,” het hy gesê.

Tydens 'n vergadering tussen 'n verteenwoordi­ger van Areva, die des­tydse minister van myne en energie, en oudpres. ­Hifikepunye Pohamba oor Areva se beplande uraanmyn by Trekkopje, wou Pohamba weet hoekom Areva sy kragvoorraad van Suid-Afrika invoer.

Hy het gevra hoekom Areva nie eerder 'n kernkragaanleg in Namibië oprig en die krag van Namibië koop nie.

Areva se verteenwoordiger het gesê dis 'n moeilike en duur proses en sonder uitvoerproses­seringsaanleg-status (EPZ-status), sou dit nie moontlik wees nie.

Hierna het onderhande­linge plaasgevind en 'n tegniese komitee bestaan­de uit ­verteenwoordigers van die ministerie van handel en nywerheid, finansies en myne en energie het die aansoek oorweeg en aanbeveel dat dit vir 'n beperkte tydperk van vyf jaar toegestaan word, terwyl 'n lewensvatbaarheidstudie onder­neem word.

Die minister van handel en nywerheid het dit ­toegestaan.

Geingob het gesê hy was nie ten gunste daarvan nie omdat ander mynmaatskappye van EPZ-status uitgesluit is.

Hy het gevolglik persoonlik ook niks met die toekenning van die EPZ-status aan Areva te doen gehad nie, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!