Geingob huldig Kaunda by staatsbegrafnis in Lusaka
Ronelle Rademeyer - Afrikane moet die nalatenskap van oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië vier deur te bou op die fondamente van solidariteit, vryheid en vrede waarvoor hy geveg het.
Só het pres. Hage Geingob Vrydag in Lusaka, Zambië, tydens die staatsbegrafnis van dié gevierde Afrikaleier gesê.
Kaunda het selfs tot in sy latere lewe noue bande met Namibië behou en het ook ‘n huis in Windhoek besit.
Kaunda is op 17 Junie 2021 in die ouderdom van 97 in ‘n militêre hospital dood waar hy vir longontsteking behandel is. Die buurland beleef ook ‘n skerp styging in Covid-19-gevalle die afgelope weke.
Geingob het gesê die mense van Afrika moet nie net Kaunda se nalatenskap vier nie, maar moet dit uitleef en geïnspireer word deur sy lewenswerk.
“Alhoewel ons u fisieke teenwoordigheid sal mis, sal kameraad Kaunda ons deur sy woorde help om voortdurend die ideale van Pan-Afrikanisme by alle Afrikane te bevorder en in te skerp, op die vasteland sowel as dwarsoor die wêreld,” het Geingob gesê.
Die Namibiese staatshoof het gesê Kaunda was een van die stigters van onafhanklikheid in Afrika en het 'n onuitwisbare merk op die vasteland gelaat.
– [email protected]
FOTO
Pres. Hage Geingob teken die boek van meegevoel met die heengaan van oudpres. Kenneth Kaunda by sy staatsbegrafnis Vrydag in Zambië. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie