• Tuisblad
  • Politiek
  • Geingob: Jong leiers moet stryd vir ekonomiese bevryding voortsit.

Geingob: Jong leiers moet stryd vir ekonomiese bevryding voortsit.

Henriette Lamprecht
Jong Swapo-leiers moet die leiding neem in die tweede fase van die vryheidstryd om ekonomiese bevryding vir alle Namibiërs te bring. Dit was president Hage Geingob se boodskap aan partylede tydens die naweek se 61 ste herdenking van Swapo en die inhuldiging van die party se streekskanstoor op Rundu in Kavango-Oos.

Volgens Geingob is die opening van die nuwe kantore ’n bewys dat Swapo ’n party is wat daartoe verbind is om ekonomiese bevryding na alle Namibiërs te bring. Hy het die party beskryf as die enigste politieke party in Namibië met ’n werklike en ware nasionale karakter en het verwys na Swapo se strewe na inklusiwiteit en nasionale harmonie. Met verwysing na Swapo se droom van ’n vrye, verenigde en onafhanklike Namibië het Geingob gesê dié droom is bewaarheid.
“Dit is ’n droom wat ons altyd moet bewaar met uiterste waaksaamheid om hulle te verhoed wat onverkies en by die agterdeur inglip om verdeeldheid te saai en ons vryheid, onafhanklikheid en soewereiniteit te steel,” het hy gesê.

Geingob het beklemtoon die land het inklusiewe groei nodig wat ordentlike werksgeleenthede vir inwoners skep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!