Geingob: Kalahariwoestyn, NDF blu00fd
Geingob: Kalahariwoestyn, NDF blu00fd

Geingob: Kalahariwoestyn, NDF blý

Augetto Graig
Augetto Graig – Nóg Operasie Kalahariwoestyn nóg die weermag se betrokkenheid daarby sal opgeskort word alvorens misdaad in Namibië nie onder beheer is nie, sê pres. Hage Geingob.

Operasie Kalahariwoestyn is van stapel gestuur omdat die land weens “wetteloosheid uitmekaar geval het”, het Geingob gister aan die nuwe leierskap van die National Unity Democratic Organisation (Nudo) gesê.

Die opposisieparty het tydens ‘n welwillenheidsbesoek aan Staatshuis kapsie teen die weermag se betrokkenheid by Operasie Kalahariwoestyn gemaak.

Dit volg ná ‘n skietvoorval Donderdagoggend in die hoofstad waartydens ‘n weermaglid, korp. Gerson Nakale, na bewering ‘n taxibestuurder, mnr. Fambauone Black, doodgeskiet het.

Die oorledene het van ‘n padblokkade in Katutura weggejaag.

Nakale is van moord aangekla en het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak en is steeds in aanhouding.

‘n Aanlyn petisie op change.org is intussen binne vier dae reeds deur sowat 7 000 burgerlikes onderteken.

Hierin word onder meer versoek dat Operasie Kalahariwoestyn gestaak word.

Die president van Nudo, me. Esther Muinjangue, het gister kommer oor die weermag se betrokkenheid uitgespreek. Soldate is nie vir die bekamping van misdaad opgelei nie, meen sy.

Geingob het gesê die weermag mag ingevolge die Grondwet as ‘n ondersteuningsmag ontplooi word.

Hy het toegegee die weermag is nie vir misdaadbekamping opgelei nie, maar het gesê hulle neem nie die voortou in die operasie nie. Dit is die polisie se werk en die landswette geld vir alle betrokkendes by Kalahariwoestyn, luidens die president. Geen wangedrag is toelaatbaar nie.

“Dit was verkeerd om te skiet en ons het ons meegevoel deur die kanale gedeel. Die persoon is in hegtenis geneem en voor die hof gedaag,” het Geingob gesê.

“Die idee is nie dat hulle ons mense moet mishandel nie,” het hy benadruk.

Volgens die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, is Geingob vasbeslote om misdaad te bekamp.

“Die meeste Namibiërs ondersteun inisiatiewe om misdaad te beveg en die president sal te alle tye deur die Grondwet gelei word,” het Hengari gesê.

Misdaadbekamping is voorts belangrik om beleggers, toeriste en besoekers na Namibië te lok. “Wetsgehoorsame burgers moet niks hê om te vrees nie,” aldus Hengari.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!