Geingob kan ook nie land
Geingob kan ook nie land

Geingob kan ook nie land

Die staking van instrument­naderings veroorsaak chaos in slegte weer.
Henriette Lamprecht
Catherine Sasman



President Hage Geingob se presidensiële straler, wat Vrydagoggend na die Walvisbaai-lughawe op pad was, is weens slegte weer noodgedwonge na die Arandis-lughawe herlei.

Dít omdat lae mis en wolktoestande swak sigbaarheid op die aanloopbaan veroorsaak het.

Geingob het die kus vir die inwyding van die nuwe brandstofbergings­gerief op Walvisbaai besoek.

Verskeie hooggeplaaste gaste wat op die kusdorp verwag is, moes ook weens slegte weer alternatiewe vervoerreëlings tref.

Vlugte van drie kommersiële lugrederye kon verlede Maandag en Donderdag nie op Walvisbaai se lughawe land nie, omdat instrumentnaderings sedert 15 Julie deur die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) opgehef is.

Verlede Maandag is alle vlugte van Air Namibia, SA Express en SA Airlink hierdeur geraak.

Airlink se vliegtuig moes terugdraai Johannesburg toe ná dit volgens 'n bron drie keer oor die lughawe gesirkel het in die hoop dat die weer sou opklaar.

Air Namibia en SA Express se vlugte is na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) herlei.

Die ontwrigting by Walvisbaai het veroorsaak dat van die vlugte vanuit en ná Suid-Afrika vertraag is.

Passasiers het hul misnoë oor die ongerief en ontevredenheid met die lugrederye en die NCAA in die sosiale media uitgedruk en die betrokke instansies van onbevoegdheid beskuldig.

Een gebruiker het geskryf die ontwrigting verswak die lughawe se prestasie, en berokken die rederye se aansien skade.

Die lugrederye het gesê hulle kan nie aanspreeklik gehou word nie, en het beklemtoon passasiers moet hulself met die terme en voorwaardes van vlugte bekend maak, wat lugrederye van onvoorsiene omstandighede soos slegte weer kwytskeld.

Die tussentydse uitvoerende direkteur van die NCAA, mnr. Reinhard Gärtner, het weer eens beklemtoon die lugvaartowerheid het geen ander keuse gehad as om die instrumentnaderings weens “moontlike regsimplikasies” te onttrek nie.

“Ons is besig om alle moontlikhede te ondersoek, ” het Gärtner verlede week gesê, en bygevoeg daar is in dié stadium geen aanduiding van wanneer omstandighede sal herstel nie.

Gärtner het verlede week 'n noodvergadering met die minister van werke en vervoer, mnr. John Mu­torwa, belê waarty­dens die kwessie bespreek is.

Die NCAA het instrumentnaderings na wat verneem word onttrek weens beweerde “ongerymdhede” soos die gebruik van onwettige sagteware van verskaffers.

Gärtner wou nie sê wie die verskaffers is nie, aangesien die kwessie tans sub judice is.

Hy het gesê die NCAA sal 'n aankoopproses vir nuwe instrumentnadering-sagteware opnuut van stapel moet stuur, wat dan by die HKIA en die Walvisbaai-lughawe geïnstalleer sal moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!