Geingob maan oor voorvaderlike grondeise
Geingob maan oor voorvaderlike grondeise

Geingob maan oor voorvaderlike grondeise

Die president het gewaarsku emosies oor voorvaderlike grondeise kan ’n burgeroorlog aanvuur.
Jemima Beukes
Jemima Beukes - President Hage Geingob het gewaarsku die emosionele kwessie van voorvaderlike grondeise, indien dit vir politieke gewin gebruik word, kan ’n burgeroorlog ontketen.

“Die kwessie oor grond wat deur sommige mense vir hul eie doelwitte gebruik word, kan oorlog in hierdie land ontketen. Burgeroorlog. Dit is hoe ’n burgeroorlog begin, die emosies, politici . . . ” het Geingob Maandag by Staatshuis tydens ’n vergadering met verteenwoordigers van die kommissie vir voorvaderlike grondeise gesê.

“Niemand probeer die Namibiese publiek benadeel nie, dié wat vir grond geveg het, eis ook hul grond. Grond is deur die Duitsers en toe deur die Boere tydens apartheid afgevat. Daarná het Swapo en Swanu wapens opgeneem om vir grond te veg en daardie mense eis ook grond.”

Hoërhofregter Shafimana Ueitele, wat die kommissie lei, het aan Geingob gesê Namibiërs wil hê die regering moet ’n moratorium op die hervestigingsprogram plaas en die verkoop van die Erindi- private wildreservaat aan die Mexikaanse biljoenêr mnr. Alberto Baillères halt.

Ueitele het gesê daar is ook ’n sterk eis dat die identifisering van voorvaderlike grond nie tot die tyd voor onafhanklikheid beperk moet word nie, maar tot die postonafhanklikheidsera beperk moet word.

Hy het bygevoeg redes wat aangevoer word deur diegene wat die kommissie se landswye openbare vergaderings reeds bywoon, was dat hulle hul voorvaderlike grond aan uitgebreide stedelike gebiede verloor het.

Volgens Ueitele het Namibiërs ook gekla die afbakening van politieke streke vir verkiesings- en regeringsdoelwitte het tot botsende grensgebiede van tradisionele owerhede gelei.

“Die siening bestaan dat die huidige hervestigingsprogram verdraai en ongebalanseerd is en die gemeenskappe wat van hul voorvaderlike grond deur Duitse en apartheidkolonialisme ontneem is se grondbehoeftes nie aanspreek nie. Sommige van hierdie gemeenskappe het versoek dat die implementering van die hervestigingsprogram hangende die kommissie van ondersoek se bevindings uitgestel word,” het hy gesê.

Ueitele het gesê dat daar is sterk teenkanting teen die verkoop van Erindi en sommige gemeenskappe het ook versoek dat die transaksie hangende die kommissie se ondersoek uitgestel word.

Opposisiepartye en verskeie belangegroepe het die verkoop van die private wildreservaat van 71 000 ha veroordeel.

Nudo het gesê die regering moet die transaksie briek tot alle voorvaderlike grond in die land geïdentifiseer is.

Ovaherero- en Ovambanderu-gemeenskapslede het onlangs ’n optog gehou om die regering te keer om Erindi te verkoop en het gesê dit is top- voorvaderlike grond.

Die groep, wat die optog onder die banier van die Namibië Voorvaderlike Grond-stigting gehou het, het gesê die grond vorm deel van die wildreservaat wat van hul voorvaders gesteel is ná die volksmoord van 1904-’08 waarin duisende mense dood is.

BEGROTING

Ueitele het aan die media gesê die kommissie sal die regering tussen N$10 miljoen en N$15 miljoen kos en het tot dusver sowat 9 000 km gereis om hofliksheidsbesoeke af te lê.

Die kommissie het vandeesmaand met sy openbare verhore begin waartydens hy voorstelle en insette ontvang.

Intussen het die kommissie se adjunkvoorsitter, mnr. Phanuel Kaapama, gesê die openbare verhore is “aan die brand” met soveel oorvleuelende eise wat in een gebied voorgelê word.

“Ons het op soveel plekke, soos byvoorbeeld Aminius, ervaar die Tswana sê hulle was eerste en die Damara en die Ovaherero sê hulle was ook eerste,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!