Geingob maan teen bespiegeling
Geingob maan teen bespiegeling

Geingob maan teen bespiegeling

Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê om te bespiegel, is geen goeie idee nie.
Volgens sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, moet die polisie die geleentheid gegun word om die omstandighede rondom mnr. Reinhold Namupala (foto) se onnatuurlike dood uit te pluis.
Die 38-jarige Namupala, ’n senior Staatshuisamptenaar, is tussen eergisteraand en gisteroggend op Midgard Country Estate buite Okahandja dood.
Ofskoon geen selfdoodnota tot dusver gevind kon word nie, het Namupala volgens die polisie se hoofwoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, homself moontlik om die lewe gebring.
Hengari het gisteraand in ’n bondige verklaring gesê Geingob het met skok van Namupala se dood verneem.
Namupala was sedert 1 Julie 2017 by Staatshuis werksaam as adjunkdirekteur gemoeid met instandhouding.
’n Verband tussen sy dood en ’n beweerde onwettige hysbaktender van amper N$1 miljoen is volgens lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die nasionale polisiehoof, tans onder die soeklig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!