Geingob moet su00ea oor Huang
Geingob moet su00ea oor Huang

Geingob moet sê oor Huang

Dani Booysen
'n Mosie van wantroue in pres. Hage Geingob is ronduit deur 'n naweekblad uitgespreek oor sy vriendskap en sakeverhouding met die omstrede mnr. Jack Huang.

Die integriteit van Staatshuis is volgens dié koerant aangetas.

Hierdie aantygings volg op Huang se inhegtenisneming weens sy beweerde betrokkenheid by 'n belastingskandaal ten bedrae van 'n reusagtige N$3,5 miljard. Interessant genoeg was hy op pad landuit toe hy deur die polisie gegryp is.

Die veralgemenende uitdrukking dat 'n persoon aan sy vriende geken word, is sonder bewyse geen gronde om 'n leier en sy regering summier onbevoeg te verklaar nie.

Vriende wat toenadering by hoës soek kan maklik wolwe in skaapsklere wees; hulle kan sulke verhoudings misbruik en filantrope wat graag geld weggee, is al dikwels as skelms ontmasker.

Namibiërs is in 'n jaar waarin Swapo se kongres moet vergader ook gewond aan komplekse magspeletjies.

Hiermee word Geingob nie ten alle koste beskerm nie. Indien daar geraamtes in sy kas is, sal die staatshoof daarvoor moet pa staan, eerder as om dit toe te smeer.

Hierdie bedrogspul bewys ook dat persepsies oor die wydverspreide en diepliggende aard van korrupsie in Namibië nie net valse noodkrete is nie. Juis daarom moet hierdie saak – en ander – tot op die been oopgevlek word.

Akkoord met die absolute deursigtigheid wat die staatshoof predik op elke geleentheid wat hy kry, is dit belangrik vir Geingob om nou oop kaarte te speel oor sy verhouding met Huang.

Stilte sal alleen verdagtheid kweek.



So sê ander

5 Februarie 2017



Mr. Trump's Random Insult Diplomacy



These ought to have been the honeymoon days of Trump-era diplomacy.

With no major foreign policy crisis to troubleshoot and world leaders anxious to decipher what, exactly, America First would look like on the global stage, President Trump had an opportunity to reassure allies and start laying the foundation for joint approaches to international challenges.

Then the president began picking up the “beautiful” Oval Office phone. In the span of a couple of weeks, Mr. Trump has rattled the world.

When the time comes, as it assuredly will, for Mr. Trump to pick up the phone to make tough requests of traditional allies in moments of crisis, he shouldn't be surprised if it is the person at the other end of the line who ends the call abruptly.

• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer