Geingob onder skoot oor Kavango-uitlating
Inwoners is ontsteld oor die staatshoof se opmerking oor stemme vir die destydse DTA.
Kenya Kambowe en Ellanie Smit – Pres. Hage Geingob is in die spervuur weens uitlatings verlede week tydens die stadsaalvergadering in die Kunenestreek.
Tydens dié saamtrek het die staatshoof na wat berig word gesê ’n oorweldigende meerderheid Kavango-inwoners het in die 1989-verkiesing vir die destydse Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) gestem.
Daardie verkiesing was die land se eerste demokratiese stemproses.
“Ons het dit ge-Google; ons hou daarvan om navorsing te doen en net te kyk na die eerste verkiesings. Die uitslae vir die Kavango wat aanvoer hulle het vir Swapo gestem, is nie waar nie; dit was aaklig,” het Geingob glo gesê.
Kragtens die amptelike stemuitslae het 27 256 vir Swapo gestem teenoor die 22 046 wat hul kruisies langs die DTA getrek het.
Dié uitsprake is nie goed ontvang nie – enersyds deur ’n drukgroep van die Kavangostreek, die Muzokumwe Volunteers Organisation (MVO), en andersyds deur die Popular Democratic Movement (PDM), soos die DTA deesdae heet.
Mnr. Paulus Mbangu van die MVO sê die DTA het destyds goed gevaar omdat die Kavango ’n oorlogsone en ’n apartheidsbastion was.
Hiernaas, beweer Mbangu, het die DTA kragte saamgesnoer met die National Union for the Total Independence of Angola (Unita) en mense uit Angola gewerf om aan die verkiesings deel te neem.
“Ironies genoeg was die DTA op daardie tydstip onder die leierskap van sy hegte vriende met wie hy nou skouer skuur in sy weergawe van Swapo. Die feit is dat die DTA se syfers bietjie hoog was weens die goed geboekstaafde rol wat Unita en die DTA-guerrillastryders gespeel het om Angolese kiesers te kry om in Kavango te stem.”
Mbangu het voorts gesê die DTA is tydens die 1992 plaaslike en streekregeringverkiesings verslaan en kon geen kiesafdeling inwin nie.
“Alle twyfel is in die 1992 plaaslike en streekregeringsverkiesings uitgewis toe die DTA nie ’n enkele kiesafdeling in die hele streek kon wen nie. Inteendee, Khorixas, waar hierdie uitsprake gemaak is, was ’n bastion van die United Democratic Front (UDF) sedert voor onafhanklikwording tot die laaste verkiesings. Watter navorsing is dit wat gedoen is?” wou Mbangu weet.
PDM BRAAK GAL
Die PDM-president, mnr. McHenry Venaani, het ook verlede week kaalvuis onder Geingob ingeklim.
Volgens die opposisieleier gebruik die staatshoof stamgebondenheid om Namibiërs teen mekaar op te steek.
Venaani het op ’n nuuskonferensie gedreig om ’n klag teen Geingob in die parlement te bring.
Die woedende PDM-leier het gesê as die voorsitter van die komitee wat die Grondwet geskryf het, behoort Geingob van beter te weet. “Hy tree op soos ’n grondwetlike oortreder.”
Venaani is van mening die staatshoof se uitlatings is onaanvaarbaar, ongrondwetlik en strafbaar. “Hy ontsê die mense van die Kavango regte omdat hulle vir die DTA gestem het. Hoe durf jy? Jy bots lynreg met die Grondwet, want sou ’n mens vir die opposisie stem, word jy regte en ontwikkeling ontsê. Ons sal ’n mosie probeer deurvoer in die parlement om ’n klag teen die president te bring.”
’n Plaaslike ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, meen Geingob se standpunte is beledigend.
“Die opmerkings wat van die staatshoof af gekom het, is ’n bietjie van ’n belediging.
Volgens hom is dit onwys vir Geingob as die president van die regerende party en die land om tydens ’n verkiesingsjaar sulke veralgemenings kwyt te raak.
Dr. Hoze Riruako, ’n ander politieke ontleder, sê Geingob het terselfdertyd klem geplaas op eenheid en versoening toe hy verlede week die uitlatings gemaak het.
Derhalwe sê hy is Geingob die aangewese persoon om homself te verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie