Geingob oorhandig dié naweek SADC-voorsitterskap aan Magufuli
Ronelle Rademeyer - Namibië se pres. Hage Geingob (foto) oorhandig hierdie naweek by die 39ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Dar-es-Salaam hierdie streeksliggaam se voorsitterskap aan Tanzanië se pres. John Magufuli.
Geingob het ‘n jaar gelede die voorsitterskap van SADC by pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika oorgeneem.
Die beraad begin vandag in die Tanzaniese regeringsetel, Dar-es-Salaam, en duur tot Sondag. Die beraad fokus op ‘n bevorderlike omgewing vir inklusiewe en volhoubare nywerheidsontwikkeling, verhoogde handel in die streek en werkskepping.
Een van die hoogtepunte van Geingob se termyn was die konsolidering van vrede in die Demoratiese Republiek die Kongo (DRK) met dié land se verkiesings in Desember verlede jaar, sê sy kantoor in ‘n verklaring.
Die ander was die verkiesing in Madagaskar en die onlangse ondertekening van die Maputa-vredesverdrag tussen Frelimo en Renamo, onderskeidelik die regerende party en opposisie in Mosambiek.
Volgens Geingob “gaan die streek voort om die beginsels van demokrasie ter wille van doeltreffende regering in die lidlande te konsolideer”.
Foto: Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie