Geingob: Politieke wil is daar
Geingob: Politieke wil is daar

Geingob: Politieke wil is daar

Namibië se president het die verskillende prosedures bespreek wat gevolg moet word wanneer iemand van korrupsie verdink word.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die politieke wil om korrupsie hok te slaan, is daar.

Dít is die versekering wat pres. Hage Geingob verlede Woensdag tydens ‘n nuuskonferensie by Staatshuis gegee het.

Hy het as voorbeeld die tender vir die opgradering van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako genoem.

Die regering het dié tender voor die hof bevraagteken en het uiteindelik sy saak in die hooggeregshof gewen.

“Om vermorsing te stop, moet die politieke wil bestaan. Ons het vir menseregte geveg, en almal moet besef ’n individu is onskuldig tot hy of sy in ‘n hof skuldig bevind word.

“Wanneer julle vra vir politieke wil, sal julle môre huil,” het Geingob gewaarsku.

Hy het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) verdedig.

“Die ACC word links en regs veroordeel omdat hulle nie ‘n ‘groot vis’ aangekla het nie. Hulle kon ons almal ondersoek het. Hulle kon my ondersoek het, ek het sulke gerugte gehoor.

“Hulle kan mense egter nie net in hegtenis neem nie. Sluit by ons aan, help ons. Daar is sake wat tans in die howe draai. Kyk na Avid, dit is nie toegesmeer nie.

“Baie permanente sekretarisse se name is al genoem, maar om al die feite bymekaar te kry, is nie so maklik nie. Wanneer gesien word dat iemand baie praat en in ‘n duur, blink motor ry, word hulle daarvan verdink dat hulle korrup is,” het Geingob gesê.

Hy het ook daarop gewys dat ‘n “leefstyl-oudit” baie moeilik is om uit te voer.

So iets kan nie deur politici gedoen word nie, maar moet by die ACC begin, het hy gesê.

Volgens Geingob was daar ook vrae oor die verlenging van mnr. Paulus Noa, direkteur-generaal van die ACC, se kontrak met nog vyf jaar.

“Die ACC kan nie net iemand gaan gryp nie,” het die president gesê.

Hy het ook na die onhoubare situasie tussen dr. Bernard Haufiku, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, en dr. Andreas Mwoombola, sy voormalige permanente sekretaris, verwys en gesê ná ‘n struweling tussen die twee partye kon Mwoombola nie afgedank word nie.

Daar is prosedures wat gevolg moet word.

Geingob het ook gewys op die werk wat die Staatsdienskommissie doen en het gesê dit is ’n grondwetlike instansie wat mense in die staatsdiens op grond van kwalifikasies en ondervinding aanstel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!