Geingob praat hard by AU
Geingob praat hard by AU

Geingob praat hard by AU

Verskeie hervormingsplanne is tydens verlede week se vergadering ter tafel gelê.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob vra vir ’n meer vaartbelynde, doeltreffende en selfversorgende Afrika-unie (AU).

Volgens hom sal dié benadering die liggaam in staat stel om welvaart en volhoubare ontwikkeling vir die vasteland se inwoners teweeg te bring.

Hy het dié versoek tydens verlede week se buitengewone sessie van die AU-beraad in Addis Abeba, Etiopië, gerig.

Die Namibiese staatshoof het terselfdertyd die dodelike aanvalle op vredesbewakers in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) veroordeel.

Verskeie hervormingsplanne is tydens verlede week se vergadering ter tafel gelê.

Onder meer is gekyk na die hervorming van die AU se leierskapstruktuur, insluitend befondsingsmodelle vir die werk van die liggaam.

Hiernaas het die buitengewone sessie ook gekyk na die verdeling van die vastelandliggaam se werksaamhede tussen lidlande en die versterking van portuurhersieningsmaatstawwe.

In sy hoedanigheid as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), het Geingob Vrydagaand gesprekke met verskeie van sy eweknieë gelei.

Volgens sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het Geingob klem gelê op beraadslaging tussen lidlande en die beplande verkiesings in die DRK.

Geingob het ook die belangrikheid onderskryf om plaaslike, streeks- en vastelandbeleid vaartbelyn te hou.

“Die verdeling van die werksaamhede sal tot beter integrasie en doeltreffendheid lei,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!