Geingob roskam Duitse besoeker
Geingob roskam Duitse besoeker

Geingob roskam Duitse besoeker

Ronelle Rademeyer
Pres. Hage Geingob het vanoggend by Staatshuis die voormalige president van die Duitse parlement en voorsitter van die Konrad Adenauer-stigting, mnr. Norbert Lammert, oor sy kommer oor die Chinese invloed in die land geroskam.
Hy het gesê Lammert moet nie die intelligensie van die Namibiese regering onderskat nie.
Lammert het 'n welwillendheidsbesoek aan Staatshuis gebring. Hy is in die land vir dié stigting se viering van 30 jaar se teenwoordigheid in Namibië.
Nampa berig die president het dié opmerkings gemaak toe Lammert aangedui het hy is bekommerd oor twee verwikkelinge in die land.
Lammert het gesê sy kommer hou verband met die toenemende Chinese invloed in die land, asook die toename in korrupsie.
Hy het in sy gesprek met Geingob gesê "sommige neem selfs aan daar is 'n verbintenis tussen die twee verwikkelinge" (die Chinese invloed en die toename in korrupsie).
Geingob het teruggekap en gesê ander lande se kommer oor die Chinese invloed is irriterend, berig Nampa.
"Dit veronderstel Afrikane is steeds kinders. Hulle is nie volwasse nie en kan nie die wêreldmagte hanteer; hulle sal swak behandel word en soos klein kinders mislei word. Dit is waarop dit neerkom," het Geingob gesê.
Hy het bygevoeg dat Europiërs moontlik onder die indruk is hulle kan die Chinese hanteer, want hulle is volwasse en aangesien die Afrikane arm is, is hulle omkoopbaar.
Foto: Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!