Geingob spring vervolging vry
Geingob spring vervolging vry

Geingob spring vervolging vry

Die stof wat op Swapo se 60ste verjaardagverrigtinge gevolg het, het steeds nie gaan lê.
Denver Kisting
Denver Kisting – Komm. Joseph Shikongo, die polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, het gister geswyg oor die vordering van klagte wat twee opposisiepartye teen Swapo-leiers aanhangig gemaak het.

Dít kom nadat leiers van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM) en die Landless People’s Movement (LPM), laat Maandag strafregtelike klagte teen onder meer pres. Hage Geingob aanhangig gemaak het oor Swapo se 60ste verjaardagpartytjie Sondagmiddag in die hoofstad.

Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het Maandagaand dié verwikkeling bevestig.

Sy sê: “Daar word beweer die verdagtes het ’n openbare saamtrek gefasiliteer, aangehits of gereël tydens die inperking.”

Shikwambi sê die klaers is me. Utaara Mootu van die LPM en mnr. Manuel Ngaringombe van die PDM.

“Die verdagtes in die saak is die beamptes van Swapo wat glo byeengekom het om Swapo se 60ste bestaansjaar te herdenk, onder meer die president (Geingob), die visepresident (mnr. Nangolo Mbumba), die sekretaris-generaal van Swapo (me. Sophia Shaningwa), die eerste minister (me. Saara Kuugongelwa-Amadhila), me. Netumbo Nandi-Ndaitwah (die adjunk- eerste minister), oudpres. (Hifikepunye) Pohamba, (die oudpolitikus) mnr. Ben Amathila, prof. Peter Katjavivi (die speaker), die Ndilimani Cultural Group, ’n aantal oorlogsveterane en lede van die media.”

Kragtens die regering se maatreëls om die verspreiding van die Covid-19-pandemie hok te slaan, mag geen saamtrek, selfs ’n begrafnis, tans meer as tien mense beslaan nie.

Daarnaas moet mense sosiale afstand tussen mekaar handhaaf.

Op die sosialemediaplatform Twitter het Geingob Maandag gesê hy het op foto’s gesien Pohamba het Sondagmiddag aan sý hand gevat.

REGSLUI REAGEER

Mnr. Norman Tjombe, ’n Windhoekse prokureur, sê wat Sondag gebeur het, is soos om tydens ’n aardbewing ’n bottel vonkelwyn op die puin oop te maak. “Watse soort boodskap stuur jy aan iemand wat in ’n sinkhuis in Havana gehok sit en nie eens tans sy brood kan verdien nie, maar julle eet koek en dans?”

Hy sê omdat Geingob volgens die Grondwet immuniteit teen siviele en strafregtelike vervolging geniet, vrywaar dit hom van enige regstappe in dié stadium.

Mnre. Milton Engelbrecht en Profysen Muluti, twee ander regsgeleerdes, gee vir Tjombe gelyk.

Maar, sê Tjombe, Geingob sou ná afloop van sy termyn wel vervolg kon word.

Al drie prokureurs is dit eens Pohamba en die ander kamerade sal wel vervolg kan word.

Sou die verdagtes skuldig bevind word, staar ’n boete van N$2 000 of ses maande gevangenisstraf hulle in die gesig kragtens die regulasies wat Geingob Vrydagaand onderteken het.

Mnr. Sisa Namandje, Geingob se regsman, sê by navraag: “Ek kan nie kommentaar lewer nie. Vir nou beskik ek oor geen inligting oor die aangeleentheid nie en het ook nog nie instruksies ontvang nie. Ek het dus geen siening nie. Ek kan net daarmee gemoeid wees as ek instruksies ontvang.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A