Geingob verdien tweede meeste in streek

Só vergelyk die salarisse van staatshoofde in buurlande met dié van pres. Hage Geingob.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Estelle de Bruyn -
Pres. Hage Geingob se salaris van N$1 753 964 per jaar is die tweede hoogste van staatshoofde in die onmiddellike streek.

Dit is egter N$2 308 001 per jaar minder as dié van pres. Jacob Zuma, die bes besoldigde president in suidelike Afrika.

Volgens mywage.com verdien Zimbabwe se pres. Robert Mugabe die derde meeste, naamlik N$1 615 221, gevolg deur pres. José Eduardo dos Santos van Angola, met N$1 212 538 per jaar.

Volgens die Suid-Afrikaanse nuusdiens eNCA, verdien Botswana se pres. Ian Khama N$869 000 per jaar.

Namibië se noordoostelike buurland, Zambië, lê in die sesde plek, met pres. Edgar Lungu wat jaarliks N$837 552 huis toe neem. Dié inligting blyk uit 'n berig wat verlede jaar in Zambia Weekly verskyn het.

Namibië weet vir die eerste keer presies hoeveel sy staatshoof, voormalige staatshoofde, visepresident, eerste minister, ministers en ander hoë amptenare verdien nadat Geingob op 1 Maart vanjaar 'n proklamasie in dié verband onderteken het. Dit is op 10 Maart in die Staatskoerant gepubliseer.

Daarin word die onderskeie poste se besoldigings, ná 'n verhoging van ses persent, wat reeds verlede jaar goedgekeur is, openbaar gemaak.

Dr. Nickey Iyambo, Namibië se visepresident, verdien N$1 525 186, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila N$1 326 248 en haar adjunk, me. Netumbu Nandi-Ndaitwah N$1 083 723 per jaar.

Ministers neem N$1 089 185 per jaar huis toe, en Geingob se sogenaamde A-span, bestaande uit spesiale raadgewers, N$1 087 745. Laasgenoemde verdien meer as die adjunkministers en streekgoewerneurs, wat N$788 366 per jaar in die sak steek.

Stigterspres. Sam Nujoma kry N$1 376 085 per jaar van die staat en sy opvolger, oudpres. Hifikepunye Pohamba, N$1 159 260.

Die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale Vergadering is op 'n salarisskaal van N$1 139 282 per jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!