Geingob versoek om by stadsraad in te gryp
Opposisielede beweer daar is geknoei om van die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, ontslae te raak en die enigste aanklag teen hom is dat hy nie korrup is nie.
JANA-MARI SMITH - Drie opposisie raadslede van die Windhoek-munisipaliteit het die stadsraad se bestuurskomitee en ander daarvan beskuldig dat hulle beskuldigings teen die geskorste uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, tot hul eie voordeel gebruik het.
Dít terwyl hulle nagelaat het om in die beste belang van die stad en sy inwoners op te tree.
Hulle het ook ‘n beroep op president Hage Geingob gedoen om dringend tussenbeide te tree, en waarsku dat die voortslepende geveg in die munisipaliteit ‘n hoogtepunt bereik en die stad se vermoë bedreig om basiese dienste te kan lewer.
Die Rally for Democracy and Progress (RDP)-raadslid Brunhilde Cornelius, Joseph Kauandenge van Nudo en Ignatius Semba van die Popular Democratic Movement (PDM) sê ‘n mosie van wantroue wat hulle beplan om by die volgende stadsraadvergadering ter tafel te lê, sal ‘n reeks probleme openbaar binne verskeie takke van die munisipaliteit se bestuur, wat die ware rede is waarom daar Kahimise geskors is.
“Die situasie in die stadskamers het so betreurenswaardig geraak dat ons besluit het dit help nie dat ons stilbly nie. Daarom het ons besluit om te praat en vir ‘n ingryping te vra in die drama wat tans by die munisipaliteit afspeel.”
Hulle het gesê alhoewel hul mosie nie gesteun sal word nie omdat hulle nie die meerderheid stemme in die stadsraad het nie, sal dit minstens ernstige kwessies openbaar maak wat die munisipaliteit se doeltreffendheid lamlê.
Hulle het beweer lede van die bestuurskomitee het nie gehou by die eed wat hulle afgelê het nie, deur hul posisies as verkose lede te misbruik. Hul besluite moet gebaseer wees op wat in die beste belang van die munisipaliteit is, en nie beïnvloed word deur persoonlike gewin nie.
Hulle sê die president moet dringend ingryp.
“Ons wil sê: Meneer die President, ons hoofstad is onder aanval van binne en buite, en benodig jou dringende ingryping.”
Hulle beweer dat die lynminister, dr. Peya Mushelenga, tot op hede nie die munisipaliteit se begroting goedgekeur het nie – nog ‘n probleem wat die stadsraad se prestasie ondermyn.
ERNSTIGE PROBLEME
Semba, Kauandenge en Cornelius beweer dat lede van die bestuurskomitee “hul posisies gebruik het om die munisipaliteit vir miljoene te melk, terwyl hulle self ook voordeel trek uit gewone toegewings vir die stadsraad, wat insluit ampsbesoeke aan sekere plekke en slypskole.”
Betroubare bronne het gesê die bestuurskomitee hou gemiddeld sowat een tot maksimum drie vergaderings per maand, maar dat meer as 18 bestuurskomiteevergaderings, spesiale vergaderings, asook kaukusvergaderings tussen Oktober en November verlede jaar gehou is.
Verder is beweer dat lede van die bestuurskomitee N$1 200 per vergadering verdien, N$2 400 per raadsvergadering en sowat N$900 vir ‘n ampsbesoek of ‘n slypskool. Dit plus hul maandelikse inkomste van meer as N$30 000, wat gister nie amptelik deur lede van die bestuurskomitee of die munisipaliteit se afdeling vir kommunikasie bevestig kon word nie.
Alhoewel ‘n bedrag van naastenby N$100 000 genoem is wat per raadslid in dié tydperk verdien is, kon Republikein se susterskoerant Namibian Sun dit nie bevestig uit beskikbare inligting oor geld wat verdien word vir vergaderings en in ander posisies vir die bestuurskomitee nie.
Verskeie probeerslae om lede van die bestuurskomitee vir kommentaar te nader, het misluk.
Een lid, me. Teckla Uwanga, die voormalige adjunkburgemeester, het gesê sy sal geen kommentaar lewer voordat sy nie hoor watter beweringe teen haar en lede van die bestuurskomitee gemaak word nie. Sy het daarna die telefoon neergegooi.
ROOKSKERMS
Die drie lede van die opposisie het herhaaldelik beweer die poging om die uitvoerende hoof van sy posisie te verwyder, is met bymotiewe gedoen om sekere belange te beskerm wat verkry is deur sekere posisies en verbintenisse binne die munisipalteit.
“Dit is so duidelik soos daglig dat die ware redes vir die skorsing van die uitvoerende hoof baie dieper lê as wat dit op die oog af lyk. Hierdie flou verskonings en onware beskuldigings is net ‘n manier om die aandag van die ware redes weg te lei.”
Hulle het verskeie openbare dokumente van stadsraad- en ander vergaderings beskikbaar gestel, wat volgens hulle bewys dat die beskuldigings teen Kahimise net ‘n rookskerm vir verskuilde agendas is om van hom ontslae te raak.
Kauandenge het met sekerheid gesê dat Kahimise die “beste persoon vir die werk is, ‘n man wat binne ‘n jaar probeer het om die netelige situasie van die munisipaliteit om te draai en finansieel selfvoorsienend te maak”.
Hy sê alhoewel Kahimise se pogings vrugte begin afwerp het voordat hy geskors is en ‘n jaar nadat hy begin werk het, was sy “enigste tekortkoming dat hy nie korrup is nie, en dit het hom skynbaar sy werk gekos. Niks meer nie en niks minder nie.”
Die opposisieraadslede het opgemerk dat amptenare, insluitende uitvoerende hoofde by die munisipaliteit wat verlede jaar geskommel is, blykbaar “vasberade is om hul eie agendas te bevorder, ten koste van die stadsraad en stadsbewoners”.
Cornelius, Semba en Kauandenge sê die notule van ‘n spesiale raadsvergadering die afgelope Dinsdag is nog nie uitgereik nie. Tydens die vergadering moes nuwe aanbevelings van die bestuurskomitee bespreek word vir Kahimise se heraanstelling en om hom vir ‘n derde keer te skors omdat sy skorsing in November nie volgens prosedure plaasgevind het nie.
Daarom is dit nog onduidelik wat vir Kahimise voorlê, wat vroeg in Februarie na sy kantoor moet terugkeer.
Die raadslede sê hulle is gevra om nie Dinsdag se vergadering by te woon sit omdat hulle glo botsende belange het wat die saak betref.
Hulle is ook toegang tot ‘n regsmening van eksterne regsadviseurs geweier. Hulle wou vasstel of Kahimise heraangestel en dan weer geskors kon word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie