Geingob vra hulp vir Idai-slagoffers
Die sikloon is as een van die ergste weerverwante rampe in die Suidelike Halfrond ooit geklassifiseer.
Henriette Lamprecht - President Hage Geingob het die wêreld as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om humanitêre hulp aan Malawi, Mosambiek en Zimbabwe in die nadraai van die verwoestende tropiese sikloon Idai in dié lande gevra.
Idai is as een van die ergste weerverwante rampe in die Suidelike Halfrond ooit geklassifiseer.
Tot dusver het meer as 830 mense in die drie geraakte lande gesterf, sowat 2 300 is beseer en byna drie miljoen mense is ontwortel. Die sikloon het ook omvattende skade aan ekonomiese en maatskaplike infrastruktuur veroorsaak, wat volgens Geingob onmiddellike, medium- en langtermyngevolge het.
“Meer as 800 000 ha se landerye en oeste is verwoes, wat verder tot die reeds verswakte voedselsituasie in die geraakte lande bydra,” het hy gesê.
Voorts is die infrastruktuur van paaie en eiendom beskadig, wat die noodsaaklike voorsiening van hulp aan die geraakte gemeenskappe in die wiele ry.
Volgens Geingob het sowat drie miljoen mense weens Idai se verwoestende uitwerking onmiddellike humanitêre hulp nodig, wat kos, beskutting, klere, drinkwater, sanitasie en mediese ondersteuning insluit.
“Die beoogde hulp sal nasionale hulpbronne en pogings aanvul vir die vroeë herstel van mense in die geraakte gemeenskappe wat alles verloor het, insluitende hul sosioëkonomiese bestaan.”
Hy het gesê die intensiteit en trefkrag van Idai beklemtoon die behoefte aan gesamentlike pogings en ondersteuning van vennote om lande se gereedheid en vermoëns te verbeter om op die negatiewe impak van klimaatsverandering en ander rampe te kan reageer.
“Dit is om dié rede wat ek vandag die versoek van die SADC om humanitêre hulp rig om lewens te red en die lyding van alle geraakte gemeenskappe te verlig.”
Volgens die president is die hoofdoel van hulpverlening om meer lewens te red en in basiese behoeftes en dienste te voorsien, menswaardigheid te beskerm, toegang tot basiese gesondheids- en voedingsbehoeftes en –dienste te verleen, die tydige herstel en herbou van lewens en mense se lewensbestaan te bevorder en ook om die koördinering van vermoëns op nasionale en streekvlak te versterk.
Geingob het gesê in Idai se onmiddellike nadraai het die geraakte lande dit duidelik gemaak hul interne hulpbronne is onvoldoende om die situasie omvattend aan te spreek.
Die staatshoof het die nadraai ook as ‘n streekramp beskryf en gesê die versoek vir humanitêre hulp is gebaseer op die feit dat drie lande die sikloon as nasionale ramp geklassifiseer het.
“Deur ons gesamentlike pogings en in reaksie op rampe in die verlede was ons in staat om struikelblokke te bowe te kom.”
Hoewel die huidige Idai-ramp “ongekend” is, vertrou Geingob die geraakte lande sal herstel, die lewens van geraaktes sal herbou word en hul waardigheid sal herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie