Geingob waarborg mediavryheid
“So lank as ek die mandaat het om die land te regeer, is medievryheid gewaarborg.”
Hierdie onderneming is vanoggend tydens die plaaslike viering van Wêreldpersvryheiddag in Windhoek deur president Hage Geingob gegee.
Hy het opnuut die belang van verantwoordelike beriggewing beklemtoon.
Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het tydens die geleentheid wysigings aan die instelling se grondwet, griefprosedures en die etiese en gedragskode vir die Namibiese media bekendgemaak. Dit sluit onder meer reëls in oor hoe aanlynkommentaar deur lesers bestuur moet word.
Boodskappe is ook gelewer deur Afrika se redakteursforum (TAEF), die Europese Unie en Unesco.
Die EFN het toekennings vir hul werk vir die bevordering van mediavryheid gemaak aan mnr. Clement Daniels, die Media Ombudsman, en Bheki Makhubu, redakteur van die tydskrif The Nation in Swaziland. Hy is by die vieringe deur Gwen Lister van die Namibia Media Trust oor mediavryheid uitgevra.
Lees môre meer in Republikein en hou die koerant dop vir opvolgberigte.
Foto: Marc Springer, Allgemeine Zeitung

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie