Geingob wel op pad na Mugabe-begrafnis
Geingob wel op pad na Mugabe-begrafnis

Geingob wel op pad na Mugabe-begrafnis

Die stigterpresident en sy opvolger sal ook die 95-jarige Zimbabwiese vryheidsvegter se begrafnis bywoon.
Denver Kisting
Denver Kisting – Ondanks ’n kat-en-muisspeletjie vandeesweek het pres. Hage Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, laat gistermiddag laat weet Geingob woon wel Saterdag oudpres. Robert Mugabe se begrafnis in Harare by.

Vroeër die week het Hengari, wat tans in Brussel, België is, beweer hy weet nie of Geingob die begrafnis sal bywoon nie.

Gister wou Republikein weer eens by die woordvoerder weet of Geingob gaan en indien wel, wanneer hy vertrek en wanneer hy na verwagting sal terugkeer.

Hengari is ook gevra indien Geingob nie die begrafnis bywoon nie, wat die rede daaragter is.

Ná ’n aanvanklike stilte het Hengari om 16:25 gister uit Europa laat weet: “Ek bevestig.”

Mnr. Paulus Shipale, die waarnemende senior spesiale assisent van stigterpresident Sam Nujoma, het gister gesê Nujoma en sy opvolger, oudpres. Hifikepunye Pohamba, sal ook môre die 95-jarige Zimbabwiese vryheidsvegter se begrafnis bywoon.

Mugabe is ’n week gelede in Singapoer oorlede.

Nadat die nuus oor sy dood bekend geword het, het Geingob in ’n verklaring gesê Mugabe het geweldige opofferings vir die vasteland gemaak.

Volgens Geingob het Mugabe ’n beduidende rol vertol om Suider-Afrika van die juk van kolonialisme en rasseonderdrukking te bevry.

“Die verlies van Zimbabwe se mense is Afrika se verlies,” het sy huldeblyk voorts gelui.

*Sien ook vandag se fokusartikel op bl. 6 en 7.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!