Geingob woon Afrika-unie vergadering in Malabo by
Pres. Hage Geingob woon vandag en môre die vierde raadplegende spitsberaad van die C-10 in Malabo in Ekwatoriaal-Guinee by.
Die C-10 is die Afrika-unie (AU) se komitee van tien staatshoofde oor die hervorming van die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN).
Namibië is 'n volle lid van die komitee.
Volgens 'n verklaring van Staatshuis is die AU se uitgangspunt dat die hervorming van die veiligheidsraad soos volg moet geskied: Die raad moet vergroot word; die veto-mag moet uitgebrei word; streeksverteenwoordiging is nodig; en die grootte en werkswyse asook die betrekkinge tussen die veiligheidsraad en die algemene vergadering moet hersien word.
Gesamentlike, voorbereidende vergaderings van ministers van buitelandse sake en die permanente verteenwoordigers in New York en Addis Abeba is voor die spitsberaad gehou.
Die besluite van die spitsberaad van die tien staatshoofde sal die agtergrond vorm van die 19de verslag van die C-10 wat op 8 en 9 Julie aan die spitsberaad van die AU in Addis Abeba voorgelê sal word.
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelanga, en ander senior regeringsamptenare vergesel pres. Geingob. Hy word môreaand terug in die land verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie