Geingos, Geldof kry MIV/vigs-prys
Die presidentsvrou het ’n gesogte toekenning in Duitsland vir MIV/vigs-bekamping ontvang.
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese presidentsvrou, me. Monica Geingos, is Sondag in Berlyn, Duitsland, saam met die Ierse sanger en politieke aktivis Bob Geldof met die World Without AIDS-toekenning bekroon.
Dié toekenning is deur die Duitse Vigsstigting tydens sy 25ste operagala in die Duitste hoofstad oorhandig.
Hierdie gala-aand in die Duitse operahuis word jaarliks aangebied om geld vir die bekamping van MIV/vigs in te samel.
Die geleentheid is deur meer as 2 000 gaste bygewoon, wat insluit die president van Duitsland, dr. Frank-Walter Steinmeier en sy vrou, regter Elke Büdendender.
Geingos het die toekenning ontvang vir haar bydrae tot die wêreldwye reaksie op MIV/vigs en haar leierskap ter ondersteuning van die wêreldplan om die verspreiding van die virus teen 2030 te beëindig.
Verlede jaar het prinses Mabel van Oranje-Nassau en die uitvoerende direkteur van Unaids, mnr. Michel Sidibé, dié toekenning ontvang.
Bill en Melinda Gates is ook al met hierdie hoë toekenning vir hul werk op dié gebied vereer.
Vanjaar se toekenning is deur die Duitse minister van gesondheid, mnr. Jens Spahn, aan Geingos en Geldof oorhandig.
Geingos het in haar toespraak gefokus op Namibië se sukses in die bekamping van MIV/vigs en daarop gewys hoe strukturele ongelykheid dit ondermyn. Daarom is dit belangrik dat maatskaplike en ekonomiese bemagtiging deel van die bekampingsplan is.
Sy het ook daarop gewys Namibië is op koers met die teiken van 90-90-90 wat deur Unaids vir 2020 gestel is.
Dit behels dat 90% van mense met die virus bewus sal wees van hul status, dat hulle almal behandeling sal ontvang en dat die behandeling die virus sal onderdruk.
Die jongste MIV/vigs-impakbepaling onder die Namibiese bevolking (Namphia) toon vroue het reeds hierdie teiken bereik, terwyl die gesamentlike statistiek vir mans en vroue tans 86-96-91 is.
Volgens Geingos is dít te danke aan wêreldwye samewerking en beleggings wat versterk is deur Namibië se toegewydheid daaraan om self ook in bekamping te belê.
Die Namibiese regering dra tans 65% tot die land se MIV/vigs-programme by.
Sy het ook verwys na inisiatiewe om die jeug deur die #BeFree-beweging te betrek en toegang tot dienste te fasiliteer.
Sy het haar toekenning aan dié beweging opgedra en gesê deur die jeug te betrek, word werklike waarde op beide beleidsvlak sowel as die implementering daarvan toegevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie