Geingos, Shivute inspireer
Geingos, Shivute inspireer

Geingos, Shivute inspireer

Gerine Hoff
Die Harold Pupkewitz “Graduate School of Business” en die Namibië Universiteit van Wetenskap en ­Tegnologie (NUST) alumni het onlangs in vennootskap met Namibia Media Holdings ''n inspirerende motiveringspraatjie ­aangebied met die presidentsvrou, me. Monica Geingos, en die motiveringspreker, mnr. Sam Shivute, as ­gassprekers. Geingos (foto), ''n gekwalifiseerde prokureur en gesoute sakevrou, het gesels oor "Maatskaplike Opbrengste ­teenoor Kapitale Opbrengste " terwyl Shivute gesels het oor hoe om relevant te bly in jou verkose ­loopbaanrigting en hoe om jou eie formule vir sukses te ontwikkel. Shivute, ''n voormalige assistent-taxidrywer, spesialiseer in ­gebiede soos leierskap-konsultasiewerk, motiverende onderrig en lewensafrigting. Tans dien hy as direkteur van ­bankdienste by die Bank of Namibia en dien hy ook op die direksie van verskeie organisasies in die openbare en private sektor. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer