Geingos vat Jeugliga kort oor taalgebruik
Die kinders bly staatloos, insluitend Yona aan wie die regering ten spyte van sy pa se Namibiese status nie burgerskap toegestaan is nie.
Jana-Mari Smith
’n Oproep deur die land se presidentsvrou, me. Monica Geingos, oor die naweek om “alle verouderde wette te skrap en op te hou om homofobies te wees”, het as versterking gekom vir verlede week se trio van mylpale vir Namibië se LGBTQ-vryheidstryd.
In ’n week wat begin het met ’n formele poging om die verouderde sodomiewet te skrap en ’n waterskeidende hoërhofverhoor oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike, het die tweeling Paula en Maya Delgado Lühl 70 dae ná hul geboorte uiteindelik in Namibië aangekom.
Geingos het gereageer op verskeie uitsprake deur lede van Swapo se jeugliga (SPYL) dat LGBTQ-burgers nie dieselfde regte en vryhede as hul medelandsburgers behoort te hê nie.
Kort ná die tweeling se aankoms Vrydag op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het hul pa, mnr. Phillip Lühl, die “oorweldigende gevoel” beskryf “ná twee maande waardeur ons deur hierdie ongelooflike prosesse moes gaan net om hierdie twee dogtertjies in die land te kry”.
Lühl sê dis belangrik vir die land om terug te kyk op “wat dit beteken wanneer ’n staat só kwaadwillig probeer verhoed dat twee babatjies bloot by hul familie mag wees. Dit maak eenvoudig geen sin nie.”
Volgens hom is die reisdokumente om sy dogters terug te kry, “presies waarvoor ons drie maande gelede gevra het”.
Slegs met die hulp van hul prokureur, me. Uno Katjipuka-Sibolile en die aktivisme wat uit steun van oraloor Namibië ontstaan het, was dit vir hulle moontlik om met hul kinders na die land terug te keer, het hy gesê.
“Dis hartseer dat jy so hard moet baklei vir so ’n basiese ding. En die groot meerderheid van Namibiërs het nie dié tipe toegang tot die reg en geregtigheid wat ons gehad het nie. Ek erken ons het die voorreg gehad om vir ons regte te baklei, maar baie mense het nie.”
Lühl sê die reg om as ’n gesin erken te word, “moet ’n gegewe wees. Dit behoort nie iets te wees waarvoor jy moet baklei op sulke duur en emosioneel stresvolle maniere nie. Ons glo die stryd is nog nie verby nie en ons sal steeds moet saamstaan teen soveel aspekte van diskriminasie wat steeds in hierdie land voorkom.”
Mnr. Guillermo Delgado, sy man en pa van die tweeling, het saamgestem die aktivisme vir LGBTQ-regte in Namibië “het nuwe veld gewen” die afgelope maande in reaksie op die gesin se lot en die regering se weiering om te help om die tweeling huis toe te bring.
“Die tyd is nou. Hierdie is bloot die begin. Ons moet die verwagting koester om veel meer oorwinnings te vier om basiese menseregte vir alle Namibiërs te verseker,” het hy gesê.
“Ons wil bloot saam wees en ’n waardige lewe lei.”
Intussen het homofobiese stellings deur die SPYL die aandag van Geingos getrek wat die afgelope dae verduidelik het vele mense misverstaan LGBTQ-verwante wetgewing en -sake wat tans hangend is.
“Homoseksualiteit is nie onwettig in Namibië nie en kan daarom nie wettig gemaak word nie,” het Geingos getwiet.
Die sodomiewet, wat reeds vir twee dekades nie afgedwing word nie, “bots met grondwetlike regte vir privaatheid en waardigheid,” het sy bygevoeg.
Geingos het die taalgebruik gekritiseer wat in die amptelike SPYL-verklarings teen LGBTQ-Namibiërs gebruik is. “Om mede-Namibiërs demonies te noem, onderwerp hulle aan skade. Woorde het krag en kan onderdruk, skade aanrig en verontmenslik.”
In reaksie op kommentaar op haar twiet het sy geskryf: “Jy stem saam die sodomiewet dien geen ander doel as om homofobie te regverdig nie, maar jy wil dit behou sodat die LGBT+ gemeenskap nie op meer regte wil aandring nie? Dit is nie ’n domino-effek nie, dit is ’n fatale misverstaan van wat dit beteken om binne ’n grondwetlike bevel te bly.”
The Equal Namibia-organisasie het Vrydag beklemtoon die Nasionale Aksieplan vir menseregte in Namibië het in 2014 die LGBTQ+-gemeenskap as ’n “weerlose groep” beskryf.
Die organisasie het nou ’n beroep op die ombudsman gedoen om die moontlike oproep tot geweld teen die gemeenskap deur die SPYL te ondersoek.
Equal Rights het ook ’n oproep op die regering, insluitend president Hage Geingob, die minister van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka en andere gedoen om in die openbaar teen die SPYL se homofobie standpunt in te neem.
“Paula en Maya is tuis waar hulle nog altyd gehoort het,” het me. Ndiilokelwa Nthengwe, Equal Namibia-aktivis, gesê.
Sy het beklemtoon Namibiese gesinne moet staan vir “liefde – nie patriagale, homofobiese gesinseenhede nie”.
Die tweeling se tuiskoms is egter nie die einde van die familie se stryd om in Namibië te woon nie.
Die kinders bly staatloos, insluitend Yona aan wie ten spyte van sy pa se Namibiese status nie burgerskap deur die regering toegestaan is nie.
Mnr. Galilei Njembo, ’n nabye vriend van die Lühl-Delgado’s, het Vrydag gesê die kwessie “moes nie so ver gegaan het nie”.
Hy het verwys na die fisieke, emosionele en finansiële las wat die familie moes verduur vir regte “waarvoor jy nie veronderstel is om te baklei nie. Dit is basiese regte wat van die begin af in plek moes wees. Die Namibiese regering is verkeerd vir wat hulle doen,” het hy gesê.
Mnr. Omar van Reenen, Equal Rights-aktivis, het op sy beurt gesê: “Vandag voel dit goed om ’n Namibiër te wees. Hierdie veldslag vir vryheid het ons gewen, maar die stryd gaan voort. Die kinders mag wel tuis wees, maar hulle is steeds staatloos,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie